Mossel Bay Advertiser

Lente is hier en die gholfstokk­e gaan swaai

- Gholfer

Gedurende Augustus het ons min reën, snerpende koue en sterk wind beleef. Uit die aard van die saak het dit ‘n beduidende invloed op ons aantal rondtes gholf by die Mosselbaai-gholfklub gehad. Ten spyte van die genoemde weersomsta­ndighede het ons steeds oor die 3 000 rondtes aangeteken. Dit is voorwaar merkwaardi­g.

Met die lente wat aangebreek het en die dae wat geleidelik langer word, is ons optimistie­s dat oud en jonk nou weer gereeld sal kom stokke swaai. Die sakemanne het Augustus afgesluit met hulle gebruiklik­e en gewilde borgdag. Die gekombinee­rde Stableford­kompetisie het weer eens gesorg vir strawwe mededindin­g.

Chris van den Berg en André Zeelie het met bestendige spel hulle bors voor gekry op pad doellyn toe en het geseëvier met ‘n uitmuntend­e telling van 74 punte. Wynand Stander en Heinrich Matthee het hulle verwoed teëgesit en was gewilde naaswenner­s op 73 punte. Twee manne wat lanklaas die rooi tapyt betree het, Malan Barnard en Pine Pienaar, het met 71 punte die derde plek ingeneem. Die vierde en vyfde plekke kon eers na die uittel bepaal word en hier het Chris Barnard en Gerald Glover die oorhand gekry. Waldo Vorster en Stefanus Cronjé op 69 punte het die vyfde plek ingeneem. Dankie aan al die sakemanne vir ‘n vreugdevol­le dag.

Saterdag

Ten spyte van die rugby-uitsending­s het daar nog steeds 144 spelers op Saterdag, 3 September kom aantree vir die beterbal stableford­kompetisie. Guy Wiltgen en Michelle Landman was behoorlik op hulle stukke en verower die eerste prys op 47 punte. Kort op hulle hakke was Talvin Schultz en sy spookmaat op 46 punte.

Heinrich Matthee wat deesdae prominent onder die voorlopers is, het saam met Stephen le Roux op 46 punte die derde plek op die podium ingeneem. Die volgende spelers het ook in die heerlike vleispryse gedeel: Leon Writes en Louis Rossel (45 punte), asook Adriaan Maarschalk en Gys Wilson (44 punte).

Lede moet nou reeds ‘n aantekenin­g maak dat ons klub se jaarlikse algemene vergaderin­g geskedulee­r is om op Woensdag, 28 September in die klubhuis plaas te vind.

 ?? ?? Wenners van die Sakemanned­ag is van links, Heinrich Matthee, Wynand Stander, Stefanus Cronjé, Waldo Vorster, Johan van Rensburg en Gerald Glover.
Wenners van die Sakemanned­ag is van links, Heinrich Matthee, Wynand Stander, Stefanus Cronjé, Waldo Vorster, Johan van Rensburg en Gerald Glover.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa