Mossel Bay Advertiser

Dominee Johannes Koekemoer, 90 en nie uit nie

- Marie van Nierop

Ds Johannes Koekemoer het die eerste lewenslig op 11 September 1932 in Kenhardt as een van ‘n tweeling aanskou. Sy skooloplei­ding het hy in Malmesbury voltooi en hy het hier die wonder beleef om geroep te word om God se Woord te verkondig. Hierna het teologiese studies aan die destydse Sendingins­tituut op Wellington gevolg.

As ‘n jong 23-jarige het hy by sy eerste gemeente, die NG Sendinggem­eente op Griekwasta­d sy loopbaan begin. Hy het soms eensaam en onseker gevoel maar het hom in die werk van die gemeente ingewerp. Op Griekwasta­d het hy haar raakgesien; die juffrou met die parmantige rooi hoed!

Louie was ‘n kind van die Natalse Middelland­e wat haar aan die Universite­it van Stellenbos­ch as musiekonde­rwyseres bekwaam het en toe op Griekwasta­d musiek gaan gee het. Nodeloos om te sê, was sy ook die orrelis en hulle verhouding het so by die orrelbanki­e begin. Ds Johannes het geglo 'n mens moet mekaar eers goed leer ken voordat jy jou in die huwelik begeef. Louie het later ‘n pos op Carnavon aanvaar en Johannes is na Strydenbur­g voordat hulle op 5 April 1958 in die huwelik getree het.

Sy bediening het hulle vervolgens vir vier jaar na sy geboortedo­rp, Kenhardt en later ook vir vier jaar na Robertson-Wes geneem, steeds by die NG Sendingker­k. Hierna het hy oorgeskuif na die NG Kerk en was vir vier jaar by Marchand en daarna by Magogong op die Vaalharts-besproeiin­gskema vir 18 jaar.

Kinders

Uit die huwelik is daar vyf kinders gebore, vier dogters (“’n koersvaste man”, het iemand opgemerk) en toe ‘n seun. Tien kleinkinde­rs en 12 agterklein­kinders het gevolg. Hulle rykdom. In 1994 het hulle formeel afgetree maar daarna nog heelwat afloswerk by gemeentes in die Noord-Kaap gedoen. In 1996 het hulle na Hartenbos verhuis waar hulle altyd vakansie gehou het en in 2005 het hulle, hulle in Hartenrus gevestig.

Wat kan hulle sê wanneer hulle terugkyk oor ‘n lewe in diens van God en ‘n huweliksle­we van 64 jaar?

Louie sê 'n mens moet as huweliksma­ats die pad saam met mekaar stap en 100% betrokke wees by mekaar se doen en late. 'n Mens moet sag met mekaar werk en verskoning vra waar dit nodig is. In die huwelik en in jou optrede teenoor ander moet die vrug van die Gees, soos in Galasiërs 5:22-23, duidelik sigbaar wees.

En na dekades van werk in ‘n verskeiden­heid van gemeentes tussen beide arm en welgesteld­e mense, sê ds Johannes: “Sonde is oral dieselfde en vroomheid is oral dieselfde. En, geld is nie belangrik nie. Diens aan die Here is wel.” Daar is ook geen gebrek aan humor in hierdie verhouding nie. Lekker lag dra beslis by tot ‘n gemeensaam­heid tussen die twee.

Hulle is twee mense wie se sorgsame liefde vir mekaar en respek vir God duidelik uit hul optrede spreek. Twee mense met vrede in hul harte. Baie geluk met die mylpaal van 90 jaar, ds Johannes.

 ?? ?? Louie en ds Johannes Koekemoer Hy het op 11 September sy 90ste verjaarsda­g gevier.
Louie en ds Johannes Koekemoer Hy het op 11 September sy 90ste verjaarsda­g gevier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa