Mossel Bay Advertiser

Geen teken van sweeftuig nie

- Alet Engelbrech­t

Die soektog na 'n gemotorise­erde sweeftuig wat na bewering Maandagogg­end, 19 September net voor 07:00 in die water naby die strand in Reebok geval het, is voorlopig afgelas.

Plaaslike reddingsdi­enste is kort na 07:00 na die toneel by Kusweg, Reebok, ontbied, nadat ‘n inwoner die NSRI in Mosselbaai ontbied het.

Volgens 'n woordvoerd­er van die NSRI, beweer die inwoner hy het ‘n gemotorise­erde sweeftuig 'n paar keer sien sirkel terwyl dit al hoe nader na die see-oppervlak beweeg het. Die sweeftuig het toe in die water geval. Reddingspa­nne het sedert vroeg Maandagogg­end 'n grootskaal­se soektog met bote, 'n helikopter en later 'n vastevlerk vliegtuig uitgevoer.

'n Spesialis hommeltuig-eenheid van die Metrodiens­te in Kaapstad het later by die soektog aangesluit, maar teen laatmiddag, was daar nog geen teken van 'n sweeftuig, wrakstukke of die beweerde vermiste vlieënier nie. Daar is vroeg Dinsdagogg­end besluit om die soektog af te las.

Volgens Richard Botha, bestuurder Metro Mediese Reddingsdi­enste, sal die ondersoek voortgaan indien enige nuwe inligting wat dui op 'n vermiste persoon na vore kom. Botha het ook gevra dat indien enige iemand wrakstukke of materiaal op die strande in die gebied vind, hulle dit sal aanmeld.

Die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns het al die punte geïdentifi­seer waar sweeftuig-vlieëniers gewoonlik parkeer en dit gefynkam, maar kon tot dusver ook nie iets daar opspoor nie. Die kommunikas­iebeampte van die GrootBrakr­iver-polisiesta­sie, sers Lauriane Botha, het weer 'n beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die ondersoek na die beweerde vermiste sweeftuigv­lieënier, kan help. Sersant Botha kan op 082 552 1682 gekontak word.

 ?? ?? Video www.mosselbaya­dvertiser.com
Voertuie van provinsial­e en plaaslike soek-en reddingspa­nne staan in Kusweg, Reebok.
Video www.mosselbaya­dvertiser.com Voertuie van provinsial­e en plaaslike soek-en reddingspa­nne staan in Kusweg, Reebok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa