Mossel Bay Advertiser

Goeie samewerkin­g

- Jannie du Plessis

‘n Negentienj­arige man wat na bewering ‘n 15-jarige seun onlangs in Tolbosstra­at in Heiderand beroof het, is tydens ‘n gesamentli­ke poging deur die Heiderandb­uurtwag, die polisie en die gemeenskap in hegtenis geneem.

Die verdagte is op die betrokke dag deur ‘n lid van die publiek opgemerk nadat hy met ‘n panga in die straat gestap het.

Gemeenskap­slede het die Heiderandb­uurtwag gekontak en Elmarie de Lange, voorsitter van die buurtwag en haar mense, is na die toneel.

De Lange het die sektorbeve­lvoerder van die Mosselbaai-polisiesta­sie, ao Amanda Lordan gekontak. Gemeenskap­slede het die verdagte intussen met die hulp van die buurtwag voorgekeer en hom aan Lordon oorhandig. Die verdagte is deursoek waarna ‘n vermoedeli­k gesteelde item in sy besit gevind is. Lordon het die verdagte in hegtenis geneem en aan kapt Jackie Grundling, hoof van die Mosselbaai­speurtak oorhandig.

Volgens die polisie is die Heiderandb­uurtwag suksesvol omdat hulle gereeld patrollies ry wat sigbaarhei­d bevorder en 'n afskrikmid­del vir booswigte is. Dit word gedoen in die lede se privaat-tyd.

Die polisie vra weer eens die gemeenskap om waaksaam te wees en gee die volgende wenke:

Voertuie moet binne die erf geparkeer word.

Voertuie moet ten alle tye gesluit word al is dit net vir 'n paar minute.

Moet geen besittings sigbaar en onsigbaar in die voertuig laat nie.

Plaas swartsakke eers na sonopkoms uit en verkieslik net voor die sakke opgelaai word.

Moet verkieslik nie met selfone, beursies en selfs handsakke in die straat loop nie.

Wees te alle tye voorbereid. Kyk rond in jou omgewing en hou verkieslik 'n afskrikmid­del soos 'n skokstok of pepersproe­i byderhand.

Die stelling van 'dit sal nooit met my gebeur' is al te veel kere as verkeerd bewys.

* Sien foto’s by www.mosselbaya­dvertiser. com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa