Mossel Bay Advertiser

Polisie waarsku teen bedrog

-

Die speurtak van die Da Gamaskoppo­lisiestasi­e het onlangs by 'n winkelsent­rum pamflette uitgedeel waarin hulle wenke met die publiek deel oor die gevare van bedrog. Die optrede volg na herhaalde klagtes wat deur inwoners by die Da Gamaskoppo­lisiestasi­e aanhangig gemaak is omdat hulle duisende rande tydens bedrogslen­ters verloor het.Die speurders waarsku inwoners om versigtig te wees vir enige aankope wat aanlyn gedoen word. Volgens die polisie is dit die tendens dat misdadiger­s 'n wanvoorste­lling aan hul slagoffers maak.

Wenke

Wees bedag vir items wat te koop aangebied word en dalk nie bestaan nie

Verskeie items word aangebied wat mense impulsief koop, soos byvoorbeel­d oulike hondjies - moenie daarvoor val nie.

As iets te goed klink om waar te wees, is dit heel waarskynli­k so.

Wanneer iets baie goedkoop is, wees uiters versigtig.

Wanneer iemand nie persoonlik gekontak kan word en die aanbod nie nagevors kan word nie, behoort dit ‘n rooi lig te wees.

Die item wat te koop aangebied word, behoort ten alle tye besigtig te kan word. Indien dit in ‘n ander dorp is, kan vriende of familie gevra word om dit te besigtig alvorens die geld oorbetaal word. Tye laat dit nie meer toe om enige item te koop sonder besigtigin­g of navorsing nie.

Gebruik betroubare webtuistes wanneer die internet gebruik word om items wat te koop aangebied word, aanlyn te koop.

Webtuistes

Wanneer 'n webtuiste besoek word, stel dit die slagoffer in gevaar dat by rekening of e-pos deur ‘n kuberkrake­r ingebreek word en persoonlik­e inligting sodoende verkry word.

Sorg dat enige webtuiste wat besoek word, veilig is en begin met: HTTPS in plaas van HTTP. Die S staan vir secure wat beteken die webtuiste is veilig

Moet nooit op versoek 'n PIN of OTPnommer in enige boodskap aan iemand vreemd bekend maak nie.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Die speurders van die Da Gamaskop-polisiesta­sie het by die Langeberg Mall pamflette met inligting oor bedrogslen­ters uitgedeel.
Foto: Jannie du Plessis Die speurders van die Da Gamaskop-polisiesta­sie het by die Langeberg Mall pamflette met inligting oor bedrogslen­ters uitgedeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa