Mossel Bay Advertiser

Dis hoe blindes ook rolbal speel

- Jannie du Plessis

Om totaal blind te wees of om met swak visie enige sport te beoefen, is 'n uitdaging vir enige persoon.

Eben Fourie en Charles Collen van Hartenbos-rolbalklub is gekies om SuidAfrika van 5 tot 16 Maart 2023 in die Visueel Gestremde Wêreldkamp­ioenskap in Australië te verteenwoo­rdig. Eben is 'n B4speler en Charles is sy "director" of gids.

Visueel-gestremde rolbal word in vier kategorieë ingedeel. B1-spelers is totaal visueel-gestremd terwyl B2-spelers lig en donker kan onderskei met beperkte visie van baie naby (byvoorbeel­d, weens makulêre degenerasi­e). B3-spelers sien 'n bietjie meer en kan van enkel-verkykers gebruik maak om die kop te sien. Die B4-spelers se sig is die beste, maar van die spelers kan net die helfte van die rolbalbaan sien. Sommige B4spelers kan die kop sien, maar kan nie om dit sien nie. Hierdie toestand word Retinitis Pigmentosa (tonnelvisi­e) genoem.

Maar hoe word dit op die baan toegepas. Mossel Bay Advertiser het by die Hartenbosr­olbalklub besoek afgelê en gesien hoe Eben met sy spesifieke gestremdhe­id, met Charles se hulp speel.

Eerstens, word daar 'n lyn gespan van die beginpunt (mat kant) tot by die kop (die bokant van die speel-vlak) en dan word bordjies langs die baan geplaas om die verskillen­de afstande aan te dui. Die afstandbor­djies word twee meter uitmekaar van 23 tot 33 meter geplaas.

'n Matjie met 'n lyntjie in die middel wat spesiaal vir blindes aangebring is, word dan op die baan geplaas. Die speler en sy gids mag dan glad nie die opponent se helfte van die speelvlak betree nie. Die gids posisionee­r die blinde speler se voete op die matjie en gee 'n rigting-aanduiding met sy voet op die baan op 'n afstand wat vir die speler sigbaar is.

Die speler rol dan die “kat” (wit bal) uit. Die "kat" word deur die merker op die middellyn geplaas en dan gee die merker die afstand van die “kat".

Party spelers word van voor gehelp. Die gids praat of wys die rigting met sy voet vir die speler, terwyl ander soos in Fourie se geval van agter gehelp word deur met hom te praat.

Die posisie van die “kat” word ook as links of regs van die lyn en die afstand van die lyn aangedui. "Met jare se ondervindi­ng en oefening weet die speler hoe hard om die bal uit te rol om by die afstand waar die “kat” gestop het, uit te kom," vertel Fourie.

Dan rol die speler sy bal om dit so naby as moontlik aan die “kat” te posisionee­r. Weereens word die posisie van sy bal uitgelees en die posisie waar sy bal lê, word as 'n uur soos op 'n horlosie se plaat aangedui. Voor die opponent speel, neem die gids die speler vanaf die matjie na die agterkant van die baan aan sy kant van die middellyn. Die opponent speel dan sy bal met dieselfde prosedure.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Video www.mosselbaya­dvertiser.com
Eben Fourie rol sy rolbal uit met die hulp van sy gids, Charles Collen, terwyl Eben se vrou Hannetjie en Lappies Labuschagn­e van die Hartenbos-rolbalklub toekyk.
Foto: Jannie du Plessis Video www.mosselbaya­dvertiser.com Eben Fourie rol sy rolbal uit met die hulp van sy gids, Charles Collen, terwyl Eben se vrou Hannetjie en Lappies Labuschagn­e van die Hartenbos-rolbalklub toekyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa