Mossel Bay Advertiser

Goue oues wys weer hul staal

-

Te midde groot opgewonden­heid met die aanvang van die 9de Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees, is die ouer garde veral in hulle skik met die Golden Games wat na twee jaar se opskorting vanweë Covid-19, weer terug is. Senior burgers het op Maandag, 19 September hulle staal gewys tydens die Golden Games wat spesifiek op persone bo 65 gerig is. Die deelnemers in aksie, was te siene by die Van Riebeeck-stadion wat opsigself ‘n fees in die buitelug was.

"Die Golden Games was van die hoogste gehalte en die spangees was wonderlik. Vir die opening van die Golden Games het die ouer persone op die lied Jarusalema gedans en hulle was aan die brand gewees,” verduideli­k een van die organiseer­ders. Die Golden Games word gefasilite­er deur die Mosselbaai-munisipali­teit se kantoor vir sake wat verband hou met MIV/Vigs, gestremdhe­id, geslag en ouerworden­de persone.

Deelnemers het van sover as Buisplaas en Herbertsda­le gereis om te kon deelneem. ‘n Egpaar van Benevolent Park wat vir die eerste keer deelgeneem het, het die byeenkoms terdeë geniet.

“Dit was fantasties om weer ons Golden Games te kon speel. Ons het dit verskrikli­k gemis,” meen Ivy Ferndale van Benevolent Park. Roseline Hendricks sê dat dit ‘n godsgenade is dat ouer mense weer ‘n geleenthei­d kon kry om deel te neem.

“Covid-19 het ‘n baie groot impak op ouer persone gehad. Die gees was goed. Ons is dankbaar teenoor die organiseer­ders,” berig Abé Mitas, ook van Benevolent Park.

Baanbeampt­es het voor die geleenthei­d spesiale opleiding ontvang om met die verskillen­de aktiwiteit­e te help.

 ?? Foto’s: Tersia Marais ?? Die gees was goed.
Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Foto’s: Tersia Marais Die gees was goed. Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa