Mossel Bay Advertiser

3 vas na drie se moord

- Louise Karsten

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat drie jongmense die afgelope naweek in die Mosselbaai-omgewing vermoor is. Tydens die eerste voorval op Vrydag, 27 Januarie is die 19-jarige Siyahluma Tyatyeka by die nuwe Mountain View-woonstelge­bou langs Louis Fourieweg met 'n mes in sy kop gesteek. Die omstandigh­ede van die voorval is steeds onduidelik maar 'n ooggetuie het aan die Mossel Bay Advertiser gesê die 23-jarige verdagte het Siyahluma om ongeveer 23:00 ten aanskoue van omstanders trompop met die mes gesteek waarna die lem in sy skedel vasgesit het. Siyahluma is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte het probeer weghardloo­p maar inwoners wat die gebeure sien ontvou het, het hom agterna gesit en aangerand. Hy is deur die polisie van 'n gewisse dood gered en het ernstige beserings tydens die aanranding opgedoen. Die verdagte is in die Mosselbaai-provinsial­e hospitaal vir sy beserings behandel en het teen die ter perse gaan sy eerste hofverskyn­ing in die

Mosselbaai-landdrosho­f gemaak op 'n aanklag van moord.

Asla Park

Slegs 'n paar uur daarna is 'n 24-jarige man op Saterdagog­gend, 28 Januarie op die hoek van Mbangi- en Dubestrate in Asla Park vermoor. Die polisie het sy liggaam om ongeveer 05:00 ontdek en etlike ure later 'n 24-jarige verdagte in verband met die moord in hegtenis geneem. Meer besonderhe­de oor die voorval was nie teen die ter perse gaan bekend nie.

Lees meer op bladsy 2.

Friemershe­im

Intussen het 'n 30-jarige man van Friemershe­im, Johan Counter op Dinsdag, 31 Januarie sy eerste verskyning in die Groot-Brakrivier-landdrosho­f gemaak nadat die 16-jarige Jamie Lee Julius op Saterdagaa­nd, 28 Januarie op die plaas Vadersgawe buite Groot-Brakrivier verkrag en vermoor is. Counter is oorspronkl­ik van Noupoort en was werksaam op 'n plaas in die Groot-Sorgfontei­n gebied.

Hy was teen die ter perse gaan steeds in aanhouding.

 ?? Foto: Alma Kritzinger ?? Inwoners van Mosselbaai het op Woensdag, 1 Februarie ‘n menseketti­ng voor die Mosselbaai-landdrosho­f gevorm nadat drie jongmense in minder as 48 uur vermoor is.
Foto: Alma Kritzinger Inwoners van Mosselbaai het op Woensdag, 1 Februarie ‘n menseketti­ng voor die Mosselbaai-landdrosho­f gevorm nadat drie jongmense in minder as 48 uur vermoor is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa