Mossel Bay Advertiser

Verdagte help om meisie se liggaam na stort te dra

- Louise Karsten

Jamie Lee Julius (16) se vriende sou haar waarskynli­k nie kon hoor indien sy om hulp geroep het toe sy op Saterdagaa­nd, 28 Januarie, skaars vier meter vanwaar hulle binne 'n plaashuis op die plaas, Vadersgawe gekuier het, verkrag en verwurg is nie. Volgens haar vriende was die musiek in die huis hard en het almal saam in 'n vertrek gekuier.

Die Mossel Bay Advertiser het die moordtonee­l die afgelope week besoek en Jamie Lee se hartseer vriende het aan die Advertiser vertel dat hulle 'n gesellige aand op die plaas gehad het. "Ons het musiek gespeel en gekuier. Ons was seker so 10 vriende wat bymekaar gekom het," het een van haar vriende gesê.

Volgens hom het die verdagte ook by die partytjie aangesluit. "Ons het hom nog nooit ontmoet nie en hy was ook baie ouer as die meeste van ons." Die verdagte, Johan Counter (30) het die afgelope week vlugtig in die landdrosho­f in Groot-Brakrivier verskyn op 'n aanklag van moord en verkragtin­g. Die saak is uitgestel tot 14 Februarie. Counter woon in Friemershe­im maar is oorspronkl­ik van Noupoort. Hy het op 'n plaas in die omgewing gewerk en is na wat verneem word 'n neef van een van die partytjieg­angers.

Naakte liggaam

Jamie Lee was oorspronkl­ik van Oudtshoorn maar het sedert November 2022 by vriende van haar ouers op die plaas gekuier. Sy was nie ten tye van die voorval skoolgaand­e nie. Haar 20-jarige suster het die volgende oggend op Jamie Lee se naakte liggaam langs 'n watertenk naby die voordeur van die woning afgekom. Volgens haar vriende het sy die aand verdwyn en was hulle onder die indruk dat sy dalk na Friemershe­im is. Haar suster het om hulp geroep waarna hulle Jamie Lee se liggaam in die huis ingedra en haar onder die stort gesit het. Die verdagte het na wat betroubaar verneem is gehelp om haar liggaam in te dra. "Sy wou nie wakker word nie en toe besef ons sy is dood." Bloedmerke was duidelik ten tye van die Advertiser se besoek steeds sigbaar op die stortteëls.

Die polisie is gekontak en sy is op die toneel dood verklaar. 'n Nadoodse ondersoek is op Dinsdag, 31 Januarie gedoen en naas wurgmerke het Jamie Lee sigbare beserings van verkragtin­g.

Begrafnisr­eëlings was nog nie teen die ter perse gaan aan die Advertiser bekend gemaak nie.

 ?? ?? Die 30-jarige Johan Counter is kort na die moord en verkragtin­g van die 16-jarige Jamie Lee Julius in hegtenis geneem.
Die 30-jarige Johan Counter is kort na die moord en verkragtin­g van die 16-jarige Jamie Lee Julius in hegtenis geneem.
 ?? ?? Jamie Lee Julius
Jamie Lee Julius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa