Mossel Bay Advertiser

Bekende Groot Brak-inwoner ontsteld oor polisie-optrede

- Alet Engelbrech­t Spyt uitgespree­k

Elsa Davids en haar geliefde hond, Seuz, al stappende deur Groot-Brakrivier se strate is 'n bekende gesig in die omgewing. Elsa wat reeds 20 jaar in die gebied bly en dikwels gaan stap, is Sondag, 22 Januarie ongeveer 07:30 deur 'n straatlope­r in Langstraat voor die polisiekan­toor verbaal aangeval en in krutaal toegesnou en gedreig dat hy haar gaan verkrag.

Sy vertel: "Die man het eers aan die anderkant van die pad geloop en toe oorgekom en my van agter gegryp. Ek het losgeruk en vir Seuz laat los." Volgens Elsa, het die man by die N2 brug opgehardlo­op en vir haar en Seuz van daar met klippe bestook. Van die klippe het vir Seuz getref. Elsa wat vreesbevan­ge was, het die polisiekan­toor geskakel, maar nadat daar nie antwoord was nie, het Suiderkrui­s Sekuriteit haar te hulp gesnel.

Elsa is ontsteld en kwaad oor die manier hoe sy behandel is deur van die GrootBrakr­ivier-polisieled­e en die ondervragi­ngsproses wat sy moes deurgaan. "Daar het drie fietsryers verbygery en ek het skielik vinnige voetstappe agter my gehoor.

Hy het my toe van agter aan my skouer geruk. Ek het hom al voorheen gesien en het hom herken aan sy klere, stap en sy stemtoon."

Geen empatie

Elsa is veral ontsteld oor die wyse waarop sy ondervra is. "Dit is asof ek die skuldige persoon was en moes bewys dat ek aangeval is. Daar was geen empatie vir my nie.

Ek was woedend gewees. My man is 26 jaar gelede voor my doodgeskie­t en die hantering van my aanval het al die trauma weer na die oppervlak gebring.

Vroue moet voel dat hulle die reg het om oor sulke aanvalle te praat. Net deur vriendelik en empaties te wees tydens ondervragi­ng sal alreeds 'n groot verskil maak."

Mossel Bay Advertiser het met die bevelvoerd­er van die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie, kaptein Francois Henzen, gesels wat sy spyt uitgespree­k het oor die aanval en die emosionele trauma wat Elsa ervaar het en ook met die ondervragi­ngsproses. "Ongelukkig kan ons net 'n verdagte aankla en vervolg as hy duidelik uitgeken word.

Ons het die gemeenskap se hulp nodig om

ons oë en ore te wees.

Ons hoop dat hierdie insident mense sal aanspoor om meer waaksaam te wees en eerder in groepe te beweeg."

Henzen verduideli­k dat die polisiekan­toor datalyne het en nie telefoonly­ne nie. "Beurtkrag het 'n invloed op die werking van die lyne.

Die publiek moet asseblief die sektornomm­er skakel by 082 522 2807.

 ?? ?? Elsa Davids en haar geliefde Seuz stap deur die strate van Groot-Brakrivier.
Elsa Davids en haar geliefde Seuz stap deur die strate van Groot-Brakrivier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa