Mossel Bay Advertiser

Oorsigbeso­ek om ondersoek te doen na dienslewer­ing

- Alet Engelbrech­t Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com

Verskeie staande komitees van die WesKaapse wetgewer besoek Mosselbaai, Oudtshoorn en Knysna hierdie week as deel van 'n oorsigbeso­ek om ondersoek te doen na dienslewer­ing in die omgewing en om te kyk waar dit verbeter kan word.

Die staande komitee vir menslike nedersetti­ngs het Maandag, 30 Januarie by die Groot-Brakrivier gemeenskap­saal 'n sessie met lede van die publiek gehad om vrae rondom die behuisings­aanvraagda­tabasis se toepassing te beantwoord.

Die leier van die Wes-Kaapse afvaardigi­ng, Ricardo MacKenzie, sê hulle doen een keer 'n kwartaal 'n oorsigbeso­ek om te kyk na die werk wat die munisipali­teite doen maar ook waar hulle kan verbeter.

Die afgevaardi­gdes besoek vandag die Oudtshoorn-omgewing waar hulle met plaasboere gesels oor die impak wat beurtkrag op boerdery-aktiwiteit­e het.

Die Wes-Kaapse afvaardigi­ng het ook die Gesamentli­ke Operasiese­ntrum (JOC) in Mosselbaai besoek. MacKenzie sê die sentrum is 'n groot sukses.

"Ons kyk na wat werk in die Mosselbaai Munisipali­teit om dit dan ook in ander munisipali­teite soos Beaufort-Wes, Saldanha, Vredendal en Matzikama toe te pas.

Die onderburge­meester van Mosselbaai Munisipali­teit, raadsheer Cliffie Bayman, het die besoek van die staande komitees van die Wes-Kaapse wetgewer verwelkom.

Hy sê die behuisings­aanvraag-databasis se toepassing het baie voordele omdat dit mense in staat stel om op hulle selfone te registreer.

Hulle hoef dus nie ver afstande af te lê om die munisipale kantore te besoek en in lang toue te staan nie. Die vereiste dokumente kan direk opgelaai word wat baie help, omdat mense in die verlede heen en weer moes reis om dit te kry.

Nog 'n sessie om die Behuisings­aanvraagda­tabasis se toepassing aan die gemeenskap bekend te stel en te verduideli­k word vir volgende maand beplan.

 ?? ?? Mosselbaai Munisipali­teit se burgemeest­er, raadsheer Dirk Kotzé verwelkom die leier van die Wes-Kaapse Wetgewer, Ricardo MacKenzie, terwyl Andricus van der Westhuizen toekyk.
Mosselbaai Munisipali­teit se burgemeest­er, raadsheer Dirk Kotzé verwelkom die leier van die Wes-Kaapse Wetgewer, Ricardo MacKenzie, terwyl Andricus van der Westhuizen toekyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa