Mossel Bay Advertiser

Shift wil dinge skuif vir jeug

- Eugene Gunning Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com

Die jeug is die toekoms en die toekoms begin vandag.

Dit was die boodskap van Memory Booysen, burgemeest­er van die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it, toe hy verlede Donderdag, 26 Januarie, as geleenthei­dspreker by die bekendstel­ling van 'n nuwe inisiatief om jeugbemagt­iging te bevorder, opgetree het. Dit staan as Shift Entreprene­urs, bekend.

Dennis Farrell, sakeleier en die dryfkrag agter Business Café, het as fasiliteer­der opgetree.

Die geleenthei­d is bygewoon deur onder meer Booysen, die voorsitter van Shift, Des-lie van Wyk en die ondervoors­itter, Khanyi Hlungwane. 'n Groep jong sakelui en profession­ele mense was ook teenwoordi­g.

Booysen het gesê baie veranderin­g in Suid-Afrika is nodig. Dit sluit in veranderin­g by sakeondern­emings. Ondervindi­ng kan nie gekoop word nie en die ouer grade moet help om hul kennis oor te dra.

Volgens Booysen is dit frustreren­d dat Suid-Afrika in 'n gemors is. Die rede daarvoor is dat die politiek in die land in 'n gemors is.

Vir die jeug om te kan floreer, moet die owerhede byvoorbeel­d aansoeke en sonerings vir sakeondern­emings goedkeur. Die meerderhei­d van die bevolking in Suid-Afrika is die jeug.

Mense wil nie meer belasting betaal nie, want hulle vertrou nie meer die politici met hul geld nie. Suid-Afrika het 'n nuwe bedeling nodig. 'n Nuwe ingesteldh­eid. Hy het onderneem om met sy kollegas in ander munisipali­teite te praat om deel te word van die inisiatief.

Hy het gesê die inisiatief is 'n stap in die regte rigting.

Die jeug behoort 'n belangrike rol te speel in die ekonomie.

Farrel het gesê Shift is 'n beweging waardeur die jeug bemagtigin­g aanneem. "Jong sakelui van George en die Tuinroete is betrokke. Die jeug word genooi om betrokke te raak."

Die ouer garde behoort te belê in die sakeleiers van môre. Dis belangrik om nie net vertroue te bou in die sakesektor nie, maar ook in die gemeenskap. Mense moet saamwerk en dit moet oplossings-gedrewe wees.

Van Wyk het Maandag gesê die terugvoeri­ng wat hulle sover gekry het, is baie positief. Verskeie mense het reeds aangesluit en daar is beslis behoefte vir so iets. "Ons werk om geleenthed­e te skep om mense te betrek."

'n Kultuur word gevestig wat noodwendig jonger mense trek. Hy het benadruk hulle wil jong entreprene­urs en aspirant entreprene­urs betrokke kry. Een van die fokuspunte is om werksgelee­nthede vir die jeug te skep.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa