Mossel Bay Advertiser

Jong man sterf in motorfiets­ongeluk

- Jannie du Plessis

'n Motorfiets­ongeluk het verlede week Woensdag, 25 Januarie die lewe van 'n jong man geëis toe sy motorfiets en 'n voertuig in Bill Jefferystr­aat, Mosselbaai gebots het.

Liam Miller (20) is ernstig beseer in die ongeluk en is na die Bay View hospitaal geneem waarna hy na die George Provinsial­e hospitaal oorgeplaas is. Hy is egter vroeg Donderdago­ggend, 26 Januarie in die hospitaal oorlede. Die bestuurder van die ander voertuig is vir ligte beserings behandel. Liam was op pad na sy ouers toe die ongeluk gebeur het.

Liam was tot en met graad 5 'n leerder by Laerskool Park waarna hy sy skoolloopb­aan by die privaat gedeelte van Zettie Jonker se skool voltooi het.

Hy het in 2020 graad 12 voltooi. "Jy was nie net 'n leerder nie, maar deel van ons familie.

Jy was altyd reg vir 'n grappie en geselsie.

Maar God het besluit dat Hy een van sy mooiste engele gaan kom haal. Rus sag ons Liam, vir altyd in ons harte," het die skool 'n boodskap op Facebook gelaat.

Volgens sy pa, Claudio, het sy seun tot en met sy afsterwe sy internskap as diesel-meganikus by die Kirsten en Tulleken vervoer in

George gedoen.

Ma Heroldine het aan Mossel Bay Advertiser gesê dat die "0" in Liam se 20 jaar vir haar beteken dat Liam sy sirkel van die lewe voltooi het.

"Hy het 'n vol lewe gehad. Hy was 'n nederige seun wat altyd veral kinders gehelp het," sê Heroldine.

"Liam was 'n jong man wat 'n impak gemaak het in almal se lewens en het in elke fase van sy lewe baie vriende gehad."

Liam het ook geleef vir sy motorfiets en sy kar.

"Hy het self altyd gesê dat as hy eendag moet doodgaan dit met sy motorfiets of kar moet wees," vertel Heroldine.

Die roudiens vir Liam is gisteraand Donderdag, 2 Februarie by die Herlewings­entrum in uitbreidin­g 23 gehou en die begrafnis vind Saterdag, 4 Februarie om 10:00 by die Volkskerk in Uitbreidin­g 8 plaas.

Liam laat sy ouers Claudio en Heroldine en 'n broer Lee agter.

 ?? ??
 ?? ?? Liam Miller by sy kar waarvoor hy baie lief was. INLAS: Die ongeluks-toneel in Bill Jefferystr­aat.
Liam Miller by sy kar waarvoor hy baie lief was. INLAS: Die ongeluks-toneel in Bill Jefferystr­aat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa