Mossel Bay Advertiser

Seekoningi­ng nou by die Waterfront

- Jannie du Plessis

'n Lewenslang­e droom is vir 'n egpaar van Mosselbaai bewaarheid toe hul droomboot Dinsdag, 31 Januarie vanaf Voorbaai, waar die boot gerestoure­er is, 'n treetjie nader aan die see gebring is na die Mosselbaai Waterfront waar sy binnekort die soutwater aan haar magie gaan proe.

Cobus en Dina van der Bank het die C-Queen in 2019 bekom en na Voorbaai geneem waar hulle vir die afgelope vier jaar, bietjie vir bietjie en stukkie vir stukkie die boot gerestoure­er het. Die boot het jare in die hawe in die water gelê en het op 'n stadium gesink. "Toe ons die boot gekry het, was sy vrot en ons moes die hele boot afbreek tot by die romp," vertel Cobus. Hulle het vir drie maande net afgebreek. Motoriste wat op die N2-snelweg in die omgewing van Voorbaai gery het, het telkens vrae gevra en het die boot stadig sien terugkeer na 'n volwaardig­e boot.

Die egpaar wat as vissermann­e al jare die see as inkomste gebruik, het die droom om eendag 'n groter boot te besit nou bewaarheid maar hulle het nie verwag om so hard te werk aan die droom nie.

Die opbou was 'n ander storie. Met beperkte fondse het die egpaar nie verwag dat dit so lank sal neem nie en sien uit na die dag as die boot in die water gelaat word. Cobus en Dina het al die restourasi­ewerk self gedoen. Dina het hoofsaakli­k die dekwerk gedoen wat baie veselglasw­erk behels. Hulle is ook nou nie meer vandag se kinders nie, maar gelukkig is Cobus 'n nutsman wat vir geen werk of uitdaging terugstaan nie. Hul dogter Carlien, seun Jakobus en skoondogte­r Geroldien het ook tussendeur hand bygesit.

Die oorsprong van die boot is egter onbekend. Volgens Cobus is dit maar 'n dekskuit en dié spesifieke een is vroeër jare gebruik as 'n posboot. Die tipe boot is egter algemeen gebruik vir visvang. Tans weeg sy 8,3ton en sal na voltooiing ongeveer 10ton weeg met 'n lengte van 9,96m. Hulle gaan 'n sterker Perkins enjin installeer wat die brandstofv­erbruik sal verminder.

Voor sy egter in die water kan gaan, moet die onderste deel van die romp ondersoek en goedgekeur word vir seewaardig­heid. Die enjin, ratkas, roer, skag en verskeie ander klein werkies wag nog op hulle. Binne die kajuit is daar onder andere 'n toilet, kombuis en die slaapkwart­iere vir agt bemannings­lede wat voltooi moet word. Dan word die boonste gedeelte van die boot ondersoek en goedgekeur vir seewaardig­heid. Daarna is dit die oordrag van die permitte en dan sal die C-Queen water toe mag gaan.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Helpers by die Mosselbaai Waterfront waar die C-Queen nou gereed gemaak gaan word om water toe te gaan. Eienaars Cobus en Dina van der Bank staan in die agterste ry regs by die boeg van die boot.
Die C-Queen in 2019 toe sy van die hawe na Voorbaai geneem is.
Foto: Jannie du Plessis Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Helpers by die Mosselbaai Waterfront waar die C-Queen nou gereed gemaak gaan word om water toe te gaan. Eienaars Cobus en Dina van der Bank staan in die agterste ry regs by die boeg van die boot. Die C-Queen in 2019 toe sy van die hawe na Voorbaai geneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa