Mossel Bay Advertiser

Geen genade

- Met Alet Engelbrech­t

Ek worstel dikwels met die Liewe Vader oor hoekom ek hier opgeëindig het. Hoe my lewe en die van my kinders radikaal verander het, sedert ek 'n werkskontr­ak waaraan ek 16 jaar gewerk het en my pa op dieselfde tyd verloor het. Hoekom ek alles waarvoor ek 30 jaar lank gewerk het, verloor het en nou voor moet begin.

Dan doen ek 'n onderhoud met 'n ma wie se kind vyf jaar gelede verkrag is en hoor waardeur die familie gegaan het om uiteindeli­k hierdie jaar die saak in die hof te kry. 'n Ma wat haarself verwyt dat sy nie saam was met doktersond­ersoeke nie, 'n ma wat die sosiale welsyn en regstelsel vertrou het. Of ek praat met 'n ma en seun wat deur hul eie broeders daar in die land van wit verhewendh­eid uitgewerk en verjaag is en hoe hulle nou in armoede hofgedinge moet hanteer omdat hulle nie 'n prokureur kan bekostig nie. Hoe hofdatums agteraf verander word en hoe polisiebea­mptes na bewering sake laat verdwyn. Dit alles in 'n provinsie waar dit veronderst­el is om beter te gaan.

En ek besef, miskien is daar 'n doel agter alles wat met my gebeur het. Om aan die wêreld te wys hoe die lewe is as jy nie geld het nie. As jy nie 'n prokureur kan bekostig nie. Dit gaan nie oor geregtighe­id nie. Dit gaan oor wie die meeste geld het en die slimste (lees skelmste) prokureurs en advokate kan bekostig. Dit is 'n leefwêreld wat jy net kan verstaan as jy self die bitterheid en verwonding daarvan moes ervaar. En as jy nog daaraan twyfel, kyk maar hoe ons politici met staatsgeld hulself vir jare en dekades lank uit "geregtighe­id" hou met die een bisarre hofgeding na die ander.

Vir gewone, eerlike landsburge­rs is daar nie sulke luukses nie. Dikwels word hierdie mense oorgelaat aan sogenaamde regshulp wat meermale 'n klug is waarvan die onbekwaamh­eid ten hemele skree. Hierdie mense word lewenslank in diens geneem en kry vet staatspens­ioene, maar doen baie min om hul salarisse te regverdig. Suid-Afrika het 'n land geword waar alles na die howe gesleep word en dan vir jare uitgerek word.

Ek weet eintlik dat ek my tyd mors met hierdie skrywe. Niemand gee regtig om nie. En die wat omgee, huil maar net saam.

Want ná die Covid-pandemie, is daar 'n nuwe frenetiese gejaagdhei­d na oorlewing wat beteken mense/groepering­e sal enigiets doen om nóg geld te maak, nóg iemand te vertrap en om nog iemand se lewe en drome te vernietig. Alles vir 'n groter motor, 'n groter huis, 'n vakansie oorsee, vir 'n 'gelukkiger' lewe. Teen die tyd wat diesulkes besef dat dit nie bestaan nie, lê die paadjie agter hulle besaai met die siele wat hulle vernietig het.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa