Mossel Bay Advertiser

Arende gasspreker­s by Sakekamerf­unksie

- Alet Engelbrech­t

Mosselbaai Sakekamer se eerste maandeliks­e byeenkoms van 2023 het verlede week by die Van Riebeeckst­adion plaasgevin­d waar die SWD Arende van die gaste was en lede van hulle bestuur as gasspreker­s opgetree het.

Die SWD Arende het Woensdag, 25 Januarie 'n opwarmings­wedstryd teen Griekwas gespeel en die SWD-bestuur het die geleenthei­d gebruik om die ondersteun­ing van die plaaslike rugbyentoe­siaste aan te moedig deur die wedstryd in Mosselbaai aan te bied. Die SWD-Arende se rugbyspan het ook die Sakekamer-geleenthei­d bygewoon met die president, Ben Brinkhuis en die afrigter, Anton Moolman wat hul toekomspla­nne vir die span bekend gemaak het. Moolman was vir drie jaar 'n afrigter in Frankryk voordat hy by die SWD Arende aangesluit het. "Ons doelwit is om in 2025 in die Curriebeke­rkompetisi­e te speel en groot spanne te kry om in ons streek te kom speel. Ons het die publiek se ondersteun­ing nodig om die Arende te ondersteun en te kry waar hulle moet wees."

Investerin­g

Mosselbaai Munisipali­teit se direkteur van beplanning en ekonomiese ontwikkeli­ng, Carel Venter, het bekend gemaak dat 20 luukse passasiers­kepe hierdie seisoen by die hawe gaan aandoen. Met sowat 800 passasiers wat gemiddeld per boot aan wal kom, bly 150 in die sakekern van Mosselbaai agter en 650 gaan op bustoere na onder andere wildsplase en die Kango Grotte buite Oudtshoorn. Dit beteken sowat 3 000 besoekers wat gemiddeld

R1 000 in Mosselbaai self spandeer, R3 miljoen se inkomste na die gebied bring. Die res van die besoekers wat omliggende gebiede besoek, beteken 'n beraamde investerin­g van R14.4 miljoen in die streek.

Die Mosselbaai se hawe is ook nou 'n "Port of Entry" wat beteken dat buitelands­e besoekers die land hier kan inkom, en nie net deur Kaapstad se doeane nie. Venter het die hoop uitgespree­k dat die Hawe-owerhede die infrastruk­tuur sal opknap om die groot aantal besoekers te akkommodee­r. 'n Nuwe wildsplaas, Bon Game, is bekend gestel wat die eerste Hovercraft in die omgewing gaan bedryf. Die kos wat deur Salt & Copper verskaf is, was keurig, gesond en vingerlek-lekker.

 ?? ?? Gaste by die Mosselbaai Sakekamer se eerste geleenthei­d van 2023 luister aandagtig na die afrigter van die SWD Arende, Anton Moolman.
Gaste by die Mosselbaai Sakekamer se eerste geleenthei­d van 2023 luister aandagtig na die afrigter van die SWD Arende, Anton Moolman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa