Mossel Bay Advertiser

Moenie oumotorsko­u misloop

-

Hulle koop en verkoop nie net motors nie – hul dra ook die George-oumotorsko­u! Toe die 25ste bestaansja­ar verlede jaar gevier is, het die silwer jubileum-uitgawe van die George-oumotorsko­u (GOCS)

2 000 motors van 'n asemrowend­e verskeiden­heid oor twee dae vertoon. Nie minder nie as 8 000 besoekers het na HTS Eden opgeruk vir hul deel van die motoraksie en vanjaar se geleenthei­d op 11 en 12 Februarie beloof 'n ervaring wat geen selfrespek­terende petrolkop sou waag om mis te loop nie.

Die datum vir 2023 se oumotorsko­u, wat as 'n jaarlikse spogparade van die Suid-Kaap-oumotorklu­b dien, is verlede November tydens 'n mediabeken­dstelling by Protea Hotel King George aangekondi­g. Liefhebber­s van veteraanmo­tors moet nou die tweede naweek in Februarie op hul kalenders aanteken, wanneer die skouterrei­n in Langstraat weer sal wemel van motors, motorfiets­e, trekkers en nog vele meer.

WeBuyCars 2023 borg

WeBuyCars is die voorbokven­noot van vanjaar se George-oumotorsko­u. Hoofbemark­ingsbeampt­e Rikus Blomerus sê die maatskappy spog met baie uitstaande eienskappe maar die beste van alles is die kultuur van en die personeel van hierdie ontluikend­e nasionale ondernemin­g. Kom deel u passie vir motors

Kom deel die passie vir motors saam met die Suid-Kaap-oumotorklu­b en WeBuyCars wanneer vanjaar se Georgeoumo­torskou met 'n spesiale fokus op Italiaanse motors, byeenkom op 11 en 12 Februarie.

Deelnemers en stalletjie­houers moet kennis neem dat die enigste manier om te registreer, is deur www.scocc.co.za.

Besoek die GOCS Facebook-blad vir besonderhe­de en stuur 'n e-pos aan dyndev@mweb.co.za of skakel 082 457 5675 met navrae. Neem asseblief kennis dat parkering by Carpe Diem Skool beskikbaar sal wees teen R20 per motor.

Lees meer by www.mosselbaya­dvertiser. com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa