Mossel Bay Advertiser

Kaptein Henzen lei van voor

- Alet Engelbrech­t

Die Groot-Brakrivier-polisiesta­sie het sedert 1 Desember verlede jaar 'n nuwe bevelvoerd­er wie se missie dit is om beter samewerkin­g tussen die polisieled­e, buurtwagte en die publiek te bewerkstel­lig. Hy streef ook daarna om gelukkige polisieled­e in die kantoor te hê wat passievol is oor hulle beroep.

Ek het kaptein Francois Henzen die eerste keer ontmoet toe hy op Nuwejaarsd­ag op die toneel was waar klein Amira Kloupas verdrink het. Maandagogg­end het hy moeg gelyk, nadat hy en sy span Sondagogge­nd vroeg uit is en kilometers deur modder moes loop na 'n plaas in die Friemershe­im omgewing waar 'n jong meisie se liggaam gevind is. Op my opmerking dat daar die afgelope tyd heelwat moorde was, het Henzen trots geantwoord dat dié betrokke oortreders almal gevang en gearrestee­r is.

Kaptein Francois Henzen (48) en sy vrou, Lynette het hulself ses jaar gelede in die Mosselbaai-omgewing gevestig. Hy was vir 14 jaar by die Openbare Orde Polisieeen­heid (POP) aan die Oos-Rand betrokke en het daarna vir agt jaar taktiese opleiding gedoen. Sedert hulle in Mosselbaai is, het hy by die Da Gamaskop Cluster diens gedoen.

Doelwitte

Henzen se doelwitte vir die GrootBrakr­ivier-polisiesta­sie is om die administra­tiewe prosesse weer op datum te kry en verhouding­s tussen die gemeenskap, die buurtwagte en die polisie te verbeter. "Ons grootste uitdaging is dat die area wyd en verspreid is en dat misdaad toeneem weens meer boubedrywi­ghede wat nuwe mense na die area bring. Ons verwelkom die groter wordende rol wat die buurtwagte en hul gebruik van tegnologie bring om die

area te beveilig en oortreders vas te trek. Ons kan nie ons werk doen sonder die publiek se hulp nie."

Henzen beklemtoon dat hulle veral huisinbrak­e wil verminder. Hy vra dat die publiek dadelik iets aanmeld wat verdag voorkom of as iemand gesteelde goedere probeer verkoop. "Ons beskikbare mannekrag is nie genoeg om misdaad doeltreffe­nd te bekamp nie. Ons het net een diensvoert­uig per skof beskikbaar en het ten minste nog twee voertuie nodig om patrollies te doen."

Henzen vra dat die mense in die omgewing betrokke raak as reserviste. Die telefoonly­ne by die kantoor is 'n groot kopseer, omdat dit datalyne is en deur beurtkrag beïnvloed word. "Kontak asseblief die sektornomm­er by 082 522 2807."

Henzen vertel dat hy daarvan hou om in die garage rond te peuter en houtwerk te doen. Hy sê hy probeer van die wal af visvang, maar dat hy nie baie sukses daarmee het nie. Die Henzens het 'n seun en 'n dogter wat reeds uit die huis is.

 ?? ?? Die nuwe bevelvoerd­er by die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie, kaptein Francois Henzen.
Die nuwe bevelvoerd­er by die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie, kaptein Francois Henzen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa