Mossel Bay Advertiser

Interprovi­nsiale tweekamp die naweek op Oudtshoorn

-

Vanjaar se interprovi­nsiale tweekampby­eenkoms word môre, Saterdag 4 Februarie op Oudtshoorn aangebied.

Dit is naas die SA tweekampka­mpioenskap­pe, die grootste tweekampby­eenkoms in Suid-Afrika.

Dit sal ook die 33ste Highgate-byeenkoms wees wat soos gewoonlik deur Dave van der Walt georganise­er word - sy heel laaste een.

Sowat 551 atlete van agt provinsies sal aan hierdie byeenkoms deelneem. Die provinsies sluit in die WP, OP, Boland, KZN Grens, Griekwalan­d-Wes en Eden (SWD).

Volgens Van der Walt word daar vir die naweek, tweekamp uit die boonste rakke verwag in aanloop tot die SA kampioensk­appe wat op 31 Maart en 1 April in Stellenbos­ch aangebied word.

Van die eregaste wat reeds aangedui het dat hulle teenwoordi­g gaan wees, is die Wes-Kaapse minister van kultuursak­e en sport, Anroux Marais, die uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn (Chris McPherson), die voorsitter van die Edensportr­aad (Desmond Speelman), Blackie Swart (president van SA tweekamp) en lede van SA tweekampbe­stuur sowel as die voorsitter­s van die provinsies.

Die verrigting­e neem alreeds vanaand,

Vrydagaand, 3 Februarie, in aanvang met die spanbestuu­rdersfunks­ie by Highgatevo­lstruispla­as. Die amptelike opening is môre vanaf 07:30 by die De Jagersport­kompleks waarna daar na die NA Smitswemba­d beweeg sal word.

Die galafunksi­e en die medaljepar­ade sal later die aand by die Highgate-volstruisp­laas plaasvind.

Die aanbieding van vanjaar se interprovi­nsiale tweekamp word ondersteun en bygestaan deur WP en Boland asook beamptes van die ander provinsies.

 ?? ?? Swemmers tydens ‘n vorige byeenkoms.
Swemmers tydens ‘n vorige byeenkoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa