Mossel Bay Advertiser

JJ Joubert vat voor op gholfbaan

-

Die laaste Woensdag van Januarie het weer eens gesorg dat 196 spelers baan toe gestroom het om deel te wees van die maandeliks­e Sakemanned­ag.

Die gewilde individuel­e stableford­kompetisie het die manne redelik in toom gehou en die tellings was nie besonders hoog nie. JJ Joubert het sy jarelange ervaring en vernuf kombineer en op 38 punte was hy ‘n gewilde wenner. Maklik het dit egter nie gegaan nie, want hy kon eers na die uittel-proses teen Elmar Noppe die oorhand kry. Op 37 punte het drie manne hard in mekaar se nekke geblaas, maar Charl Vorster se uittel was die beste en hy het die derde plek verower.

Heinrich Matthee en oud-president, Paul Brits, het op 37 punte vierde en vyfde geëindig. André van Wyk was op 36 punte heel verbaas dat hy ook nog prystafel toe kon stap.

Dankie aan al die sakemanne vir ‘n heerlike afskop in 2023.

Saterdag

Saterdagog­gend het die spelers in heerlike weersomsta­ndighede mekaar die stryd aangesê. Soos die oggend gevorder het, het die swanger weersomsta­ndighede baie spelers laat besluit om liefs tuis te bly.

Die heerlike bui reën wat oor die middag uitgesak het, was soos manna uit die hemel en almal is tevrede huis toe. André van der Merwe en Pierre Botes het vroegoggen­d gespeel en die lekker reëntjie net-net vrygesprin­g. Hulle wen dan ook die beterbal stableford­kompetisie op ‘n verdienste­like 47 punte.

Guy Wiltgen en Michelle Landman het ook nie bes gegee nie en hulle 46 punte het hulle die naaswenner­s gemaak. Koos van Niekerk, wie se gholf deesdae vuurwarm is, en Bernard Liebenberg se 43 punte was ook nie te versmaai nie, want dit het aan hulle die derde plek besorg. Rob Muller en Bronwyn Powell het hulle ook goed van hulle taak gekwyt en 42 punte opgestapel wat aan hulle die vierde plek besorg het. Hendri Malan (+3 voorgee) het ‘n skitterend­e ronde van 67 houe gespeel en saam met Barend Kotze het hulle vyfde geëindig op 41 punte.

Liga

Dankie aan al die spelers wat hulle beskikbaar gestel het vir deelname aan die Suid-Kaap-liga. Die klub het twee voorgee-ligaspanne ingeskryf.

Die eerste liga-wedstryde vind in April plaas wat ons spelers genoeg tyd gun om goed voor te berei vir ‘n strawwe jaar van mededingen­de gholf.

 ?? ?? Wenners van die Sakemanned­ag is van links: Paul Brits, Skippie Scheepers, Elmar Noppe, André van Wyk, Gordon Engelbrech­t, Heinrich Matthee en JJ Joubert.
Wenners van die Sakemanned­ag is van links: Paul Brits, Skippie Scheepers, Elmar Noppe, André van Wyk, Gordon Engelbrech­t, Heinrich Matthee en JJ Joubert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa