Mossel Bay Advertiser

Clarissa mik vir ‘n ‘Robin Hood’

- Jannie du Plessis

'n Plaaslike boogskutte­r en leerder van Laerskool Hartenbos het haar stempel afgedruk in die boogskut-arena nadat sy binne twee jaar haar provinsial­e en nasionale kleure verwerf het.

Clarissa Steenekamp (11) se belangstel­ling in boogskut het begin by 'n Laerskool in Vanderbijl­park. Sy was vanaf 2018 tot 2021 in graad een tot graad vier verbonde aan die Laerskool Emfulenipa­rk waar sy eendag verby die boogskiet-oefeninge gestap het en sy besluit het sy wil dit ook probeer.

Hoewel sy reeds vanaf vyfjarige ouderdom saam met haar pa gejag het, was hierdie vir die jong meisie 'n nuwe uitdaging. Sy het een middag gaan oefen en net daar het sy haar liefde vir dié sport ontdek. Dinge het baie vinnig in plek geval vir haar. In Februaire 2021 begin sy met boogskiet, aan die einde van 2021 verhuis hulle na die Wes-Kaap en in 2022 verwerf sy haar provinsial­e- en nasionale kleure.

Sy was die jongste meisie wat SAkampioen­status in haar kategorie verwerf het naamlik Cub Female Bow Unlimited. Jeanine en Frans van Kradenburg was in Vanderbijl­park en is baie groot rolmodelle in haar lewe van boogskiet en ondersteun haar in alle kompetisie­s. Buiten die twee afrigters wat steeds help met afstand-afrigting, help Eddy Stonehouse haar hier plaaslik met afrigting.

Clarissa is deel van die Suid-Afrikaanse Federasie-span wat dieselfde as die Proteaspan is, maar sy kwalifisee­r nie vir die

Protea-span nie aangesien sy 13 jaar en ouer moet wees. Sy gaan vanaf 13 tot 18 Februarie in Gillinghan, Kent, in Engeland deelneem. Haar persoonlik­e beste telling is 297/300.

"Sy oefen elke dag ter voorbereid­ing vir Engeland deur daagliks 120 pyle te skiet. Haar grootste wens is om ‘n “Robin Hood” te skiet," vertel pa Jaco. "Robin Hood" is wanneer jy een pyl op die bord met 'n tweede pyl in twee deel. Sy wil ook baie graag haar eie boogskiet-klub begin en kinders afrig.

 ?? ?? Clarissa oefen hier op die skietbaan.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Clarissa oefen hier op die skietbaan. Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
 ?? ?? Die jong trotse Clarissa Steenekamp (11) wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Federasie-span wat in Februarie in Gillinghan, Kent, in Engeland gaan deelneem.
Die jong trotse Clarissa Steenekamp (11) wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Federasie-span wat in Februarie in Gillinghan, Kent, in Engeland gaan deelneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa