Mossel Bay Advertiser

Jong rob byt drie swemmers

- Jannie du Plessis

Ná drie swemmers die afgelope Sondag by Santos Strand deur 'n jong rob gebyt is, het Mossel Bay Advertiser by dr Greg Hofmeyr van Bayworld in Gqeberha gaan kers opsteek oor dié ongewone gedrag. Hofmeyr, wat ook die kurator is en spesialise­er in die navorsing op soogdiere en spesifiek robbe, het bevestig dit is baie ongewoon dat robbe mense in die water sal aanval.

"Wat jong robbe betref, dink ek dit is speel en om hul omgewing te verken en met onbekende voorwerpe of wesens, insluitend mense, interaksie te hê. Daar is wel bewerings dat robbe vis en krapdiere eet wat domoïese vergiftigi­ng veroorsaak en die wat dit dan oorleef, vermoedeli­k neurologie­se skade ly en dit kan ook aanleiding gee tot sulke aanvalle," sê Hofmeyr.

Hofmeyr het ook bevestig daar sal moet heelwat meer gedoen word om die navorsing behoorlik te doen. Volgens hom is daar nie genoeg data beskikbaar en vra hy dat wanneer so 'n geval wel voorkom moet die publiek met S.M.A.R.T of die Bayworld Stranded blitslyn op 071-7242122 in kontak te kom om dit aan te meld.

Hoe meer data op dié manier versamel kan word hoe meer volledig sal verskillen­de profiele saamgestel kan word om gedragspat­rone uit te pluis. Terwyl die swemmers die afgelope Sondag vir vanjaar se Isuzu Ysterman-kompetisie voorberei het, is hulle deur dié jong rob gebyt.

Colleen Olivier het aan die Advertiser vertel hulle was sewe swemmers wat in die water besig was. Sy het in die vlak water geswem toe sy 'n stamp aan haar been gevoel het. Aanvanklik het sy dadelik gedink aan 'n haai en rondgekyk, maar toe besef dit is ‘n jong rob toe sy hom sien wegswem het.

"Ek het toe uit die water gekom en later gesien Amanda Sheppard en De Villiers Pienaar het ook uit die water gekom. Ek het aanvanklik net gedink hulle het klaar geswem, maar het my ingelig hulle is ook gebyt," het Colleen gesê.

Nog 'n voorval

Sheppard het gesê sy het 'n jong meisie gehelp met swemtegnie­ke en was later saam met Pienaar op pad om terug te swem na die seiljagklu­b. Hulle het 'n bietjie dieper in die see geswem en was 'n so entjie van Olivier toe hulle 'n rob in hul rigting sien swem. "Oomblikke later het ek 'n byt aan my agterstewe gevoel. Ek het so hard geskreeu dat Divvie, met sy kop onder die water, my gehoor het. Toe byt hy my weer aan die kuit.’’

Oomblikke later het die rob ook vir De Villiers aan die agterstewe en kuit gebyt.

Olivier is na die ongevalle-afdeling van die hospitaal, waar sy 'n tetanus inspuiting en antibiotik­a gekry het vir klem-in-die-kaak, terwyl Sheppard en De Villiers na die kliniek by die Super Spar gegaan het, waar hulle ook die nodige behandelin­g ontvang het. Gelukkig was die bytmerke nie diep nie.

In Januarie is Mosselbaai­er, Greg Fenn, deur 'n rob aangeval en gebyt toe hy en sy 10-jarige seun by die Punt gesnorkel het. Sy ander seun is einde verlede jaar ook by die die Punt deur 'n jong rob aangeval en gebyt. In nog 'n voorval in Januarie vanjaar het die Cape Argus berig van 'n voorval by Clifton se 4de Strand nadat 'n jong rob soortgelyk­e buitengewo­ne aggressiew­e gedrag getoon het en 'n kind en 'n paar ander swemmers op dié besige strand aangeval het.

Gevalle

In 'n poging om die rob van die kind af te kry, is die pa ook gebyt. 'n Ander swemmer is ook gebyt toe die rob verder in die water geswem het. Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV), het reeds in Januarie statistiek­e voorgelê dat meer as 20 gevalle van robbe wat mense byt, aangemeld is en sluit die onaangemel­de gevalle uit.

Volgens 'n dierkundig­e van Plettenber­gbaai, dr. Gwen Penry, is robbe soos baie ander seediere nuuskierig, maar hulle bly steeds roofdiere. Interaksie met mense kan hulle bedreig laat voel. Hierdie nuuskierig­heid, speelsheid of gevoel van bedreiging kan daartoe lei dat 'n rob 'n mens in en buite die water sal byt.

"Groter manlike robbe kan veral in die laat lente en begin somer, tydens hul paartyd, baie aggressief en gebiedsgeb­onde raak," sê Penry. Die beste raad wat Penry kan gee is dat indien jy 'n rob gewaar, nie nader te gaan, glad nie die dier te probeer aanraak en ook nie om so 'n dier te voer nie. Penry beaam dat sulke gevalle gewoonlik nie aggressief van aard is nie en is eerder die gevolg van die rob se natuurlike gedrag.

 ?? ?? Die gat in Colleen Olivier se duikpak nadat die rob haar gebyt het.
Die gat in Colleen Olivier se duikpak nadat die rob haar gebyt het.
 ?? ?? Een van die bytmerke aan Colleen Olivier.
Een van die bytmerke aan Colleen Olivier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa