Mossel Bay Advertiser

Misdaad aan die toeneem

- Jannie du Plessis

Mosselbaai en sy onmiddelli­ke omgewing is stadig maar seker besig om te verander van die eens veilige hawe vir sy inwoners, na 'n misdaad paradys. Die afgelope klompie maande word inwoners geteister met gereelde inbrake, wat gewoonlik beperk was tot net enkele gevalle. Ernstige misdade is steeds in die minderheid, maar ook dit is besig om stadig maar seker toe te neem.

Drie verdagtes is vasgetrek en het op Vrydag, 8 September, in die Mosselbaai Landdrosho­f verskyn op 'n aanklag van kaping van 'n motorvoert­uig ná 'n insident wat op Dinsdag, 5 September, in Marshstraa­t, Mosselbaai, plaasgevin­d het. Dit was naby die brug by die Super Spar in Da Nova. Die omstandigh­ede word ondersoek, maar die voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer om 01:00 by 'n rooi verkeersli­g gestop het. Volgens 'n verklaring het drie onbekende mans na die voertuig beweeg, waarvan een persoon na bewering gewapen was met 'n vuurwapen.

Volgens adjudant offisier Kappie Kapp, polisiewoo­rdvoerder, is die slagoffer en sy passasier uit die voertuig gedwing en het die verdagtes die voertuig geneem. 'n Goed-gekoördine­erde soektog het gevolg, wat gelei het tot die opsporing van die voertuig in Alhofrylaa­n, en die arrestasie van die drie verdagtes. Daar is ook beslag gelê op 'n nagemaakte vuurwapen. Die bestuur van die Mosselbaai polisie het die pogings van die sigbare polisiërin­gseenheid, misdaadvoo­rkoming, Mosselbaai speurders en die voertuigdi­efstal-eenheid van George, aangeprys vir die werk wat ingesit is om die drie verdagtes so gou vas te trek.

'n Toyota Prado wat Sondag, 10 September, omstreeks 19:30 in Blandstraa­t by Point Village na bewering gesteel is, het kort daarna naby De Bakke in Louis Fourieweg gerol. Die voertuig is verlate gevind en die polisie ondersoek die voorval.

Tussen 4 en 8 September is nog ernstige misdade by die Mosselbaai polisie aangemeld. Kapp het ook bevestig dat verskeie inbrake in sektor twee in dieselfde tyd plaasgevin­d het. Drie inbrake by Benevolent Park asook 'n inbraak in Ryk Tulbachstr­aat, Da Nova, het ook voorgekom.

'n Voorval van diefstal uit 'n motorvoert­uig en 'n poging tot diefstal van 'n motorvoert­uig is in Hibiskusla­an, Uitbreidin­g 6 en Malvaweg in Tarka aangemeld. Reebok, Die Heuwels en omliggende dele loop ook deur met inbrake. Twee inbrake het die afgelope weke net in Grysboklaa­n, Reebok voorgekom.

Die afgelope klompie maande word inwoners geteister met gereelde inbrake, wat gewoonlik beperk was tot net enkele gevalle.

 ?? ?? Die Toyota Prado lê hier op sy sykant nadat die voertuig teen ‘n paal gebots het in Louis Fourieweg.
Die Toyota Prado lê hier op sy sykant nadat die voertuig teen ‘n paal gebots het in Louis Fourieweg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa