Mossel Bay Advertiser

Die baai word boomryker

- Louise Karsten Foto's: Louise Karsten

Mosselbaai word by die dag meer boomryk. Altesaam 2 601 bome is die afgelope jaar in die gebied geplant. Dit volg op die Mosselbaai­munisipali­teit se vergroenin­gsplan wat goed gekeur is. Vir die volgende vyf jaar sal minstens 5 150 bome in die gebied geplant word.

Die Mosselbaai Begrafplaa­s het onlang nog bome bygekry en daar sal eersdaags bykans 300 bome in Sonskynval­lei geplant word.

Die departemen­t visserye, bosbou en omgewingsa­ke het ongeveer 2 000 bome geskenk.

Al die bome is inheems en staan reeds sterk op ongeveer 2m. Daar is ook ‘n hoeveelhei­d vrugtebome ingesluit, soos lemoen-, suurlemoen- en vyebome.

Die munisipali­teit se parkespan het op 5 Augustus reeds begin om die bome te plant en volgens beplanning sal daar teen die einde September sowat 1 500 van die geskenkte bome reeds geplant wees.

Dit sluit die hele munisipale gebied in. Van die bome word deur ‘n kontrakteu­r geplant, wat spesifiek vir hierdie doel deur die parkespan se kundiges opgelei word. Die munisipali­teit in samewerkin­g met die kontrakteu­r neem dan verantwoor­delikheid vir die natlei van die aangeplant­e bome.

Ongeveer 300 bome sal in die Mosselbaai Begraafpla­as geplant word. Dit bring die totaal sedert Julie verlede jaar op ongeveer 1 100 in die Mosselbaai Begraafpla­as te staan.

Bring jou steggie

“Ons het ‘n opwindende vergroenin­gsprojek waarin die gemeenskap op ‘n besonderse manier betrokke kan raak. Ons wil baie graag ‘n spekboomdo­olhof in ‘n park in Heiderand tot stand bring. Hiervoor reken ons dat ons ten minste 6 000 spekboomst­eggies benodig gaan word,” sê Elize Nell, direkteur van gemeenskap­sdienste.

“Ons het ‘n kweekhuis in die Harry Giddeypark en het al begin om steggies te kweek. Hierdie projek het vroeër in die jaar ‘n hupstoot gekry toe Laerskool Park se landsdiens­leerders ‘n paar honderd steggies gegee het en terselfder­tyd geleer het hoe om dit te plant en te kweek. Ons het so ongeveer 1 000 steggies in die kweekhuis.”

Lede van die publiek is welkom om enige soort spekboomst­eggie gedurende September by een van die volgende twee plekke af te gee:

By die Harry Giddeypark, waar die dieregedee­lte is.

By die brandweer se kantore op GrootBrakr­ivier.

Indien daar persone is wat groot hoeveelhed­e steggies het, kan hulle met die munisipali­teit kontak maak om dit te kom afhaal. Dieselfde sou geld indien die skenking uit die landelike areas, soos byvoorbeel­d Friemershe­im of Herbertsda­le gedoen word, en die skenker dit nie by een van die twee aflaaipunt­e kan kry nie.

Die steggies moet 30cm lank wees en dit kan enige soort spekboom wees.

 ?? ?? Mario Joseph en Myles Brynard skep grond in ‘n gat waarin hulle ‘n boom by die Mosselbaai Begrafplaa­s geplant het.
Mario Joseph en Myles Brynard skep grond in ‘n gat waarin hulle ‘n boom by die Mosselbaai Begrafplaa­s geplant het.
 ?? ?? Leehein Witbooi en Babalo Hlwayi plant bome in die Mosselbaai Begrafplaa­s.
Leehein Witbooi en Babalo Hlwayi plant bome in die Mosselbaai Begrafplaa­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa