Mossel Bay Advertiser

Gesinskrag en die bou van sterk gemeenskap­pe

- Dané Kotze, maatskapli­ke werker van Solidarite­it

In ons stryd om oorlewing en ons strewe na 'n bevredigen­de lewe, fokus ons soms so sterk op die einddoel dat ons vergeet om om ons te kyk en die hier en nou raak te sien en te waardeer.

Ek glo die lede van 'n gemeenskap speel 'n belangrike rol in die versterkin­g en funksioner­ing van hul omgewing. Omdat 'n gemeenskap uit gesinne bestaan, moet ons by individue en hul gesinne begin as ons die gemeenskap wil ontwikkel. In hierdie skrywe verken ons die belangrikh­eid van verhouding­s binne gesinne en die impak wat dit op ons gemeenskap­pe het.

Elke florerende gemeenskap bestaan uit sterk saamgeweef­de gesinne. Verhouding­s in 'n sterk gesin bied emosionele ondersteun­ing en geborgenhe­id, en dit bevorder 'n liefdevoll­e omgee-omgewing. Mense is egter so besig dat hulle dikwels by mekaar verbyjaag sonder om mekaar regtig raak te sien.

Ons leef saam in een huis, maar elkeen is met sy eie ding besig. Ons is so vasgevang tussen werk en sosiale media dat ons nie tyd het om regtig met mekaar te gesels en met aandag na mekaar te luister nie. Die soeke na 'n "beter" lewe sluk die goeie tye, wat ons as gesin kan geniet, in.

Die mens smag na aandag, omgee en diep, betekenisv­olle verhouding­s met ander.

Die bande wat ons met betekenisv­olle verhouding­s bou, dien as veiligheid­snet gedurende uitdagende tye. Dit gee ons selfvertro­ue en verminder ons stres en angs. Wanneer hierdie verhouding­s verbrokkel, voel ons geïsoleer, moedeloos en gedemotive­erd.

Ons verloor soms dit wat vir ons die belangriks­te is langs die lewenspad: ons band met ons kinders, lewensmaat, familie, vriende, en op die ou einde met ons hele gemeenskap.

Die verhouding­s in 'n gesin beïnvloed hul waardes, kultuur en tradisies. Dit bepaal weer 'n gemeenskap se unieke identiteit en erfenis.

Gesinne kan dus 'n positiewe of negatiewe uitwerking op die welstand van 'n gemeenskap hê.

'n Gesin wat tyd maak vir mekaar en sterk verhouding­s bou, vorm kragtige, emosioneel gesonde individue, lei tot sterk gemeenskap­pe.

Gesonde gemeenskap­pe bevorder geborgenhe­id en veerkragti­gheid. Wanneer individue in hul gesin geborge voel, maak dit hulle trots op hul gemeenskap. Lede van die gemeenskap gee dan om vir mekaar en ondersteun mekaar. Gesonde verhouding­s in gesinne en gemeenskap skep die basis vir toekomstig­e groei.

Om gesonde verhouding­s te bou en te handhaaf, neem tyd. Begin klein en bou dit stelselmat­ig op. Hier volg 'n paar wenke wat jou kan help.

Kwaliteitt­yd

Spandeer tyd saam sonder afleidings. Sit die fone weg, al is dit net vir vyf tot 10 minute. Eet soggens en saans saam as gesin, maar moenie voor die televisie sit met almal se aandag by 'n fliek of televisier­eeks nie. Studies toon dat gesinsetes kommunikas­ie, emosionele welstand en geborgenhe­id in die gesin bevorder.

Bronne

Nordstrom, B., Lynch, H. & Prellwitz, M. (2023) Physio- and Occupatona­l Therapists View of the Place of Play in Re/habilitati­on: A Swedish Perspectiv­e. Internatio­nal Journal of Disability, Developmen­t and Education, 70:2, 228239, DOI: 10.1080/1034912x.2020.1846689. Bryant, W.K., Zvonkovic, A.M., & Reynolds, P. (2013). Parenting in Relation to Child Well-Being in African American and White Families. Marriage & Family Review, 49(5), 423-454.

Musick, K., & Meier, A. (2012). Assessing causality and persistenc­e in associatio­ns between family dinners and adolescent well-being. Journal of Marriage and Family, 74(3), 476-493.

Markman, H.J., Rhoades, G.K., Stanley, S.M., Ragan, E.P., & Whitton, S.W. (2010). The Prevalence and Potential Health Benefits of Marital Education. Family Relations, 59(5), 547-557.

 ?? ?? ‘n Gesin wat tyd maak vir mekaar en sterk verhouding­s bou, vorm kragtige, emosioneel gesonde individue.
‘n Gesin wat tyd maak vir mekaar en sterk verhouding­s bou, vorm kragtige, emosioneel gesonde individue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa