Mossel Bay Advertiser

Allerlei komplikasi­es kan met varkgriep gepaardgaa­n

-

HESSEQUA - Almal het die afgelope tyd in die media gehoor van varkgriep, ook bekend as H1N1.

Die naam is afkomstig van 'n griepvirus by varke. Mense kan varkgriep opdoen, net soos enige ander griepvirus­se.

Die H1N1-virus, of varkgriep waarna hier verwys word, vorm deel van die groter influenza virus-groep.

Die virus word as deel van die seisoenale griep beskou. Daar word nie roetine toetse op mense met griep gedoen om die spesifieke virus te bepaal nie, net die simptome word behandel. Sou 'n pasiënt baie siek wees en na George-hospitaal verwys word, is daar ‘n moontlikhe­id vir toetsing.

Die virus het meer uitgesprok­e gevolge in sensitiewe pasiënte soos immuunonde­rdrukte pasiënte (kankerpasi­ënte, mense met MIV-infeksies, ensovoorts) ouer mense en jong kinders om ‘n paar te noem.

Onder normale omstandigh­ede besmet varkgriep nie mense nie, maar dit is wel moontlik.

Die infeksie kan verskillen­de simptome veroorsaak. Sommige van hierdie simptome is soortgelyk aan ander soorte griep, maar omdat die behandelin­g verskil, is 'n behoorlike diagnose, wat toetsing insluit, die sleutel.

Simptome

Skielike koors.

Akute boonste ligweg simptome: droë hoes, seer keel.

Algemene simptome: moegheid, hoofpyn, spierpyn en lyfpyn, koue koors.

Sommige mense mag naar wees en diarree hê, alhoewel dit meer algemeen is by kinders as by volwassene­s.

Komplikasi­es

Daar is 'n paar komplikasi­es wat verband hou met die H1N1-virus, veral onder kinders, bejaardes en swanger vroue. Diegene met asma of ander chroniese respirator­iese siektes kan langdurige simptome ervaar. Dit is ook moontlik dat varkgriep in longontste­king kan oorgaan, veral vir mense met chroniese toestande.

Longontste­king kan uiters gevaarlik wees en kan soms tot hospitalis­asie lei. Bejaardes en mense met chroniese siektes loop 'n groter risiko vir asemhaling­sversaking, wat die longfunksi­e kan benadeel en kan lei tot verminderd­e suurstofvl­akke.

Voorkoming:

Bly by die huis en beperk kontak met ander mense waar moontlik.

Maak jou mond en neus met ‘n snesie toe as jy hoes of nies en gooi dit in ‘n asblik.

Was jou hande gereeld met seep of alkohol-gebaseerde handwas, veral nadat jy gehoes, genies of jou neus geblaas het. Jy kan ook ‘n masker dra.

Die beste beskerming is om te gaan vir die griepinspu­iting wat gratis is by alle publieke gesondheid­sorgfasili­teit. Dit bied beskerming en sal maak dat simptome ligter is indien jy wel griep kry.

Volgens die Wes-Kaapse regering is daar tot dusver nog geen gevalle of vermoede van H1N1 in die Hessequa-streek aangemeld nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa