Mossel Bay Advertiser

Lelitha se nuwe gesig ‘n geskenk

- Michelle Pienaar

'n Negejarige dogtertjie wat by haar huis in Friemershe­im buite Groot-Brakrivier verlede jaar deur die gesin se hond in die gesig gebyt is, sal na verwagting breed glimlag wanneer sy vandag, Vrydag 15 September, haar eie gesig in die spieël sien.

Lelitha Jantjies het Maandag 'n suksesvoll­e drie ure operasie in die Advanced Health-daghospita­al op Knysna ondergaan om diep littekens aan haar gesig met plastiese chirurgie te verbeter. Lelitha is op 20 Augustus verlede jaar deur die gesin se Amerikaans­e veghond (pit bull) aangeval, waartydens haar gesig verskeur is.

Die operasie is gratis uitgevoer, met die hulp van dr. Ansua Steyn en haar gelyknamig­e organisasi­e, die Dr. Ansua

Stigting. Die stigting se mikpunt is om elke maand die lewe van een persoon, wat nie toegang tot spesialiss­org het nie, te verander.

Volgens Lelitha se ma, Ahisa Louw, gaan dit tans baie goed met Lelitha, wat tuis aansterk. "Die verbande kom Vrydag af, ons is baie opgewonde," het sy gesê. "Lelitha is 'n baie brawe meisiekind."

Ahisa het George Herald vertel dat hulle die laaste jaar deur 'n bitter moeilike tyd is. Die voorval het in Friemershe­im plaasgevin­d, kort nadat hulle van Pacaltsdor­p soontoe verhuis het.

Ahisa en haar twee kinders, Lelitha en haar jonger boetie Luciano, het intussen na Pacaltsdor­p teruggetre­k. "Daar was net soveel bad memories," het Ahisa gesê. "Ons kon nie langer daar bly nie."

Die kinders gaan nie tans skool nie, weens 'n kombinasie van omstandigh­ede. "Ons kon nie vir haar by haar ou skool plek kry nie, die kinders is toe na 'n skool wat heelwat verder is, wat dit moeilik gemaak het, en Lelitha moes deurloop onder negatiewe kommentaar van klasmaats. Boonop was dit moeilik om die oop wond langs haar mond skoon te hou," het Ahisa gesê. Gewraakte dag Wanneer Ahisa gesels oor wat daardie dag van die aanval gebeur het, is sy merkbaar emosioneel. "Ons het self soveel vrae, maar Lelitha sien dit so - dit was nie Jordan [die pit bull] se dag daardie dag nie," het Ahisa gesê. "Dit was 'n Saterdagmi­ddag.

Lelitha het 17:00 teruggekom van 'n minikrieke­t-wedstryd in Oudtshoorn en in haar kamer ingestap om 'n bietjie te gaan slaap. Vyf minute later vind ek haar agter haar bed, met haar gesig na onder, op die grond. Sy het net vir my gesê: 'Mammie help. Dit was Jordan.' Oral was bloed.

"Jordan was so 11 maande oud, hy was nog nie 'n jaar nie," het Ahisa gesê. "Ek het haar opgetel, nat gemaak en vir die bure geskree om te kom help. Luciano het gaan hulp soek. Op Friemershe­im bly ons ver uitmekaar. My man was nog in Pacaltsdor­p by ons ou huis, wat in die mark was. Die besluit is gemaak om haar na Georgehosp­itaal te neem. Sy het al heelwat bloed verloor. Omstreeks 17:30 is sy na die teater geneem vir 'n vier uur lange operasie.

"Lelitha en ek was sowat 'n week in George-hospitaal, toe vlieg ons na Rooikruis per helikopter. Ons het daar oornag en plastiese chirurgie is op Lelitha se gesig gedoen. Dit het ongelukkig gefaal. Lelitha het met 'n oop wond huis toe gekom. Ons het hiermee probeer saamleef. Lelitha het nie berading gekry nie, my antie het vir haar olies gegee en ons het elke aand gebid. Daar was altyd nagmerries in die aand waarmee ons moes deal. Die ongeluk het 'n tol op ons as familie gehad." weggehou. "Ons het geweet daar gaan baie kommentaar wees oor Jordan, ons pit bull, en ons het genoeg seer gehad," het Ahisa gesê. "Ons het nie kans gesien vir al die negatiewe kommentaar nie. Die DBV het Jordan kom haal en hy is uitgesit. Ons moes ook ons Jack Russell, Lelitha se hond, laat aanneem. Die Jack Russell het bly lek aan Lelitha en opgespring, en dit het dinge vererger met Lelitha se toestand. Maar die punt is, ons was ontsettend lief vir ons honde. Vir Jordan ook.

Ons het baie gehuil oor die hond. Die inspekteur van die DBV van Mosselbaai het vir ons gesê dit kan wees dat toe Lelitha van die krieket af terugkom, Jordan te veel vreemde reuke geruik het. Ons het ook baie kort tevore getrek. Ons honde het op 'n matras langs ons bed geslaap. Hulle was ons alles. Ons wou nie hê mense moet slegte goed oor Jordan sê nie, ons het getreur.

"Net na die ongeluk het ek vir Jordan gevra hy moet vir Mammie sê wat gebeur het. Hy het net in 'n hoek gesit en sulke huilgeluid­jies gemaak, asof hy self nie weet wat gebeur het nie. Ek het vir hom kos en water gegee, alhoewel hy net voor Lelitha se terugkoms klaar geëet het, want ek het geweet ek gaan lank weg wees. Ek het hom in my kamer toegemaak. Die DBV het hom daar kom haal."

"Lelitha wou nou weer by my seker maak dat die koerant nie iets leliks oor Jordan sal skryf nie, sal sê hy was 'n bad hond nie. Ek het vir haar verseker dit sal 'n mooi storie wees."

 ?? ?? Jordan se storie Lelitha se ouers het doelbewus die storie van die media
Ahisa Louw en haar dogter, Lelitha Jantjies, voor die operasie Maandagogg­end.
Jordan se storie Lelitha se ouers het doelbewus die storie van die media Ahisa Louw en haar dogter, Lelitha Jantjies, voor die operasie Maandagogg­end.
 ?? ?? In die hospitaal tydens die eerste operasie in Kaapstad.
Dr. Ansua Steyn en Lelitha Jantjies (9) knap voor die operasie Maandagogg­end, in die Advanced Life-daghospita­al op Knysna.
In die hospitaal tydens die eerste operasie in Kaapstad. Dr. Ansua Steyn en Lelitha Jantjies (9) knap voor die operasie Maandagogg­end, in die Advanced Life-daghospita­al op Knysna.
 ?? ?? Lelitha voor die voorval: beeldskone onskuld.
Lelitha voor die voorval: beeldskone onskuld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa