Mossel Bay Advertiser

Ou raad by Benevolent is baie stief behandel

- Oswald du Plessis, Mosselbaai:

In die maand Augustus, wanneer vrouens vereer word, sou mens verwag dat ons Mosselbaai­ers ook dié pragtige gebaar sou uitleef en ons plaaslike vrouens se suksesstor­ies moet eer.

Die aand met Benevolent Park se belangrike algemene jaarvergad­ering, waar ons ouer gardes getraumati­seer was oor hul toekoms en waar die beheerraad 'n noodsein uitgestuur het vir dringende finansiële noodhulp, besluit die oorgrote meerderhei­d van die teenwoordi­ges dat dit tyd is om van die ou beheerraad ontslae te raak.

Ek het die oud-bestuursle­de bitterlik jammer gekry. Hulle het die afgelope jare, ten spyte van die geweldige negatiewe ongegronde kritiek - baie van sekere inwoners in die media en groot persoonlik­e opoffering­s in tyd - energie en geld spandeer om die deure van Benevolent Park oop te hou. Hulle het die geouditeer­de verslag voorgelê en al die ander stukke verskaf.

Is dit die manier hoe mense hul eie mense behandel? Dis jammer dat dit die huidige tendens in Suid-Afrika is.

Dit is so tragies dat vroue wat meer as 20 jaar getroue gratis diens gedoen het binne 60 minute uitgeboend­er is. Na al die trauma van daardie aand kan die inwoners nou rustig voortgaan met hul lewe.

Die nuwe bestuur lyk na ‘n gedugte span met baie bevoegdhed­e wat die beheerrraa­d oor die jare so voor gepleit het.

Ter afsluiting, ‘n beroep op die partye, moet asseblief nie sagte teikens soos ouetuise en kerke gebruik vir jul gevegte of as lanseerple­kke vir 'moonshot' toetse nie. As die 74 nuwe lede net elk maand elkeen R1 000 insamel of skenk, soos die oud beheerraad­slede se familie en vriende, dan is Benevolent Park se probleme iets van die verlede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa