Mossel Bay Advertiser

Die koerant is inwoners s’n

- Met Louise Karsten

Om met persoonlik­e aanvalle op sosiale media teen die koerant te velde te trek ná aanleiding van 'n rubriek wat ek geskryf het, sal my en die Mossel Bay Advertiser nie laat afsien om te doen waarvoor ons daar is nie. En dít is om ons lesers te dien. Dít waaroor ek my rubriek geskryf het, spruit uit 'n persoonlik­e ervaring by 'n onlangse Mosselbaai-munisipale raadsverga­dering.

In die rubriek van Vrydag, 8 September, verwys ek na die optrede van sommige raadslede teenoor mekaar in die raadsaal en spreek ek onder meer my kommer uit dat beuselagti­ge politieker­y instede van kwessies oor dienslewer­ing vooropgest­el word.

In die sosiale mediaplasi­ng word die Advertiser as die DA Advertiser geëtikitee­r. Wat 'n belaglike aanname om te maak.

Dit is ongegronde uitlatings teenoor die koerant en die beweringe wat gemaak word dat die koerant in ‘n spesifieke politieke party se sak is, is van alle waarheid ontbloot. Dis nou dieselfde party waaroor die Advertiser heel onlangs nog breedvoeri­g oor berig het toe sekere aspekte van die munisipale bestuurder, Colin Puren, se salaris aan die lig gekom het.

Oor een ding is daar wel eenstemmig­heid, en dit is dat ons aan iemand behoort. Die Advertiser behoort aan elke inwoner op Mosselbaai en ons sal nie skroom om dit wat verkeerd is, aan die groot klok te hang nie.

Ons is ‘n span opgeleide joernalist­e met jare se ondervindi­ng in die bedryf. Ons publiseer nuus vir ons inwoners wat feitelik korrek is, alle kante van ‘n saak stel en objektief is. Ons kan ook foute maak, maar sal nooit huiwer om dit reg te stel nie.

Deur verder te insinueer dat die koerant deur die munisipali­teit gedreig word wat ‘n inkomste betref hou ook geen water nie. Munisipali­teite word volgens wet verplig om sekere inligting in plaaslike koerante te adverteer, maar dit bly steeds die koerant se prerogatie­f wat gepublisee­r word. Terloops, dit is ook nie die mediahuis, wat uit ses streekskoe­rante bestaan, se enigste bron van inkomste nie. Inteendeel.

Het ons ‘n goeie verhouding met die Mosselbaai-munisipali­teit? Ja, ons het.

Ons is trots op al ons goeie verhouding­s. Wat politieke partye betref poog ons daarna om goeie verhouding­s met alle partye te kweek. Hoe die partye dit hanteer, is nie vir ons om voor te skryf nie.

‘n Koerant en ‘n rubriek (waarvan die boodskap duidelik gemis is), is deur onnadenken­de sosiale mediaplasi­ngs misbruik vir nóg 'n politieke speelbal.

Dit is gesond dat daar sterk opposisiep­artye is om die regerende party op Mosselbaai op hul tone te hou. Vrae móét gevra word. Inwoners se beste belange moet op die hart gedra word. Bedrog moet ontbloot word en partylede, wat hieraan skuldig bevind word, moet aan die pen ry. Dit geld vir álle politieke partye.

Dit is egter die spesifieke styl van debatvoeri­ng waaraan sekere partye hulself skuldig maak én die persoonlik­e aanvalle waarmee ek ten sterkste verskil.

Lateraan raak dit soos ‘n aanhoudend­e geblaf en niemand steur hulle meer daaraan nie.

Inwoners wil in ‘n omgewing woon wat goed bestuur word en waar dienslewer­ing seëvier. Maak nie saak wie aan bewind is nie.

Die Advertiser is Mosselbaai se mense se koerant en ons sal aanhou om te doen wat ons moet doen... vir ons lesers en vir niemand anders nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa