Mossel Bay Advertiser

Egpaar gekneus na fratsgolf

- Jannie du Plessis

'n Bekende egpaar in hul sewentigs van Mosselbaai, het Saterdagmi­ddag besluit om so entjie te gaan stap wat later amper noodlottig uitgedraai het.

Kolie en Dini Visser het nadat hulle gesien het die meeste plekke langs die see is afgebaken as gevolg van die stormsee wat deur die springety veroorsaak is, het hulle by die parkering langs hek 3 van die hawe in Kloofstraa­t gestop en in die rigting van die Punt begin stap.

"Ons het rustig gestap en die see was relatief stil toe ek die fratsgolf sien aankom," vertel Kolie.

"Ek het dadelik my kamera gelig en 'n foto geneem, maar voor ek my kamera laat sak het, is ek en Dini altwee platgeslaa­n deur die reuse golf wat oor die muur na ons toe aangekom het." "Ons was onderwater en ek kon voel hoe ek teen die klippe teen die muur en op die loopvlak rondgeskom­mel word," vertel hy.

Toe hulle later kon opstaan, vertel Kolie, dat altwee van hulle van kop tot tone sopnat was. Sy kamera het ook deurgeloop met die klomp water. "Ëk het toe 'n foto van Dini geneem en sy een van my met ons selfone van ons sopnat lywe".

"Na die skok voel jy mos niks nie maar na ons by die huis aangekom het, droog aangetrek het, het die lyfseer begin," vertel Kolie. Kolie het tuis toe die kamera aangesit maar die kamera wou nie meer werk. "Gelukkig het die kaart niks oorgeklom nie en kon ek darem my laaste foto wat ek met die kamera geneem het, aflaai."

Hy het aan Mossel Bay Advertiser vertel dat hy sy knie gestamp het in die proses. Na 'n knievervan­ging jare gelede, was hy bekommerd dat die prostese dalk beskadig is. Gelukkig was dit nie die geval en beide kla maar net oor die kneusplekk­e.

Kolie het gesê dat hulle nog nuwe bloukolle ontdek en die ou lywe bly maar lank seer.

 ?? ?? Met Kolie en sy vrou Dini se skaduwees op die loopvlak, was dit die laaste foto wat Kolie met sy Fuji HXS 2 kamera geneem het voor die fratsgolf hulle getref het en die kamera nie meer gewerk het nie.
Met Kolie en sy vrou Dini se skaduwees op die loopvlak, was dit die laaste foto wat Kolie met sy Fuji HXS 2 kamera geneem het voor die fratsgolf hulle getref het en die kamera nie meer gewerk het nie.
 ?? ?? Kolie Visser
Kolie Visser
 ?? ?? Dini Visser
Dini Visser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa