Mossel Bay Advertiser

‘n Lig van hoop word aangesteek

-

Maandag het die son geskyn na die woeste storms en oorstromin­gs van die afgelope naweek, en daarmee saam het die lig deurgebree­k vir die Ligtoring Pelgrimsto­g van Hoop - die roete van die St Blaize ligtoring op Mosselbaai tot by die Agulhas ligtoring.

Staptog begin

Die eerste pelgrims het die afgelope Maandagogg­end om 09:00 by die St Blaize ligtoring met die staptog begin, wat oor 17 dae en altesame 326 kilometer strek.

Pelgrims oornag by 16 herbergier­s langs die pad wat gasvryheid, 'n bed en kos verskaf.

Die roete strek vir die eerste sewe dae langs die asemrowend­e kuslyn tot by Jongensfon­tein. Dan vat pelgrims die pad deur die plase van Vermaaklik­heid na Malgas en dan oor die golwende heuwels (rûens) van die Overberg tot by Struisbaai en Agulhas, die suidelikst­e punt van Afrika, sê Mosselbaai se Gerrie van Deventer, wat die staptog organiseer.

Pelgrims kruis ook sewe riviere op die roete. Die Breederivi­er sal byvoorbeel­d per pont by Malgas oorgesteek moet word terwyl die hangbrug by die Heuningnes­rivier by De Mond getoets sal word.

Verkenning­stogte

Die groep wat nou stap is amptelik die eerste groep wat bespreek het, ná die roete "oopgestap" is. Twee verkenning­stogte is in September 2022 en Maart 2023 gedoen.

Die groepleier, Shirley Theron van Krugersdor­p, het op Facebook kennis geneem van dié avontuur en toe navrae begin doen. Sy het al 'n Camino in Spanje voltooi en die lang roetes in die Visrivier Canyon aangepak.

Liesbeth Stoltz kom van Dullstroom en is 'n entoesiast­iese pelgrim, wat al verskeie Camino's voltooi het met 'n groot liefde vir die natuur. Sy sê sy deel ook die eto's en waardes van die Pelgrimsto­g.

Danie en Wilna Biermann van Roodepoort sal op dié tog van 17 dae behoorlik getoets word. Dit sal die eerste keer wees dat hulle net met 'n rugsak gepantser aan 'n avontuur van langer as 'n dag betrokke sal wees.

Die natuur

Hulle is vriende met Shirley, en is fiks van baie stap en trailrunni­ng, maar die idee van 'n pelgrimsto­g buite in die natuur, die stilte en om op 'n uiterlike en innerlike geestelike reis te gaan, het hulle net aangegryp.

Met die ter perse gaan gister, was die groep tussen Gouritsmon­d en Gourikwa. Van Deventer het gesê alles verloop baie goed tot dusver. Woensdag was ‘n baie goeie dag, met ‘n groot verskeiden­heid wat gesien kon word. By Fransmansh­oek was daar baie uitskotmat­eriaal in die voetpaadji­e van die storm. Die stap van Kanon na Gouritsriv­ier was asemrowend mooi, het Van Deventer gesê. Van Deventer, was vir 16 jaar predikant by die Mosselbaai NG Kerk en is na sy aftrede nou die agent vir die Ligtoring Pelgrimsto­g. Hy was grootliks verantwoor­delik vir die stigting en ontwikkeli­ng van dié pelgrimsto­g tussen Mosselbaai en Agulhas. 'n Bekwame komitee sien ook om daarna dat alle administra­sie, finansies en kommunikas­ie met betrekking tot die Ligtoring Pelgrimsto­g doeltreffe­nd gehanteer word.

Rooi hoede

Mosselbaai­ers moes al baie die rooi hoede met die ligtoring as logo opgemerk het. Veral in die omgewing tussen Groot-Brakrivier en Mosselbaai.

Dit alles vorm deel van die groter sambreel van 'n Pelgrimsto­g van Hoop met vier verskillen­de roetes, wat die roete van Stellenbos­ch tot Agulhas, Uniondale na Mosselbaai op die Tuinroete Pelgrimsto­g

 ?? Foto: Linda Sparg ?? Wilna en Danie Biermann, Shirley Theron, Gerrie van Deventer en Liesbeth Stoltz by die St Blaize ligtoring. ‘n Duif het toevallig agter Wilna se kop opgestyg.
Foto: Linda Sparg Wilna en Danie Biermann, Shirley Theron, Gerrie van Deventer en Liesbeth Stoltz by die St Blaize ligtoring. ‘n Duif het toevallig agter Wilna se kop opgestyg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa