Mossel Bay Advertiser

Tweeling bereik besondere mylpaal

- Louise Karsten

'n Bekende tweeling van GrootBrakr­ivier, Gerhard en Louis Crause, vier Maandag hulle 50ste verjaarsda­g. Die twee broers is beide in die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns (SAPD) en reeds etlike jare op Groot-Brakrivier gestasione­er. Hulle was al etlike kere in die Mossel Bay Advertiser vir die goeie polisiewer­k wat hulle verrig.

Gerhard en Louis is op 25 September, 1973 in die Mosselbaai provinsial­e hospitaal gebore. Hulle ouers het op Groot Brak gewoon en hulle is die jongste van sewe kinders.

Die tweeling was in Laerskool Vorentoe en het op skool uitgeblink in toutrek, krieket, rugby en atletiek. Beide van hulle het op 21 April, 1992 by die Groot-Brakrivier polisiesta­sie begin werk. Hulle is beide adjudant-offisiere en het reeds 31 jaar se getroue diens.

Gerhard is 'n Groot Brakker in murg en been en het twee kinders uit sy vorige huwelik en twee kinders saam met sy vrou, Louise. Drie kinders is in Laerskool Vorentoe.

Gerhard is n kranige hengelaar en is verbonde aan die George Hengelklub. Hy het sy presidensi­ële kleure in hengel in 2013 verwerf.

Die broers Crause woon steeds op Groot Brak en het as kinders in Langstraat in 'n huis, bekend as die 'polisiehui­s' gewoon. Louis is die trotse pa van drie hondekinde­rs en beide geniet vandag steeds die buitelewe.

Louis se gunsteling kos is 'n vet skaaptjopp­ie en Gerhard hou van galjoen op die kole. Louis is na sy oupa vernoem en Gerhard na sy pa. Hoewel die twee broers groot spore in Groot Brak trap, wil hulle graag eendag nog Mauritius en Zanzibar besoek.

 ?? ?? Die tweeling Louis en Gerhard Crause is bekende gesigte op GrootBrakr­ivier.
Die tweeling Louis en Gerhard Crause is bekende gesigte op GrootBrakr­ivier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa