Mossel Bay Advertiser

Top gehalte atletiek het hoogtepunt­e opgelewer

- Jannie du Plessis

Die Suid-Afrikaanse Christelik­e Skole Sportveren­iging (SACSSA) se uitnodingi­ngsbyeenko­ms, wat op Saterdag, 16 September, as deel van die Mosselbaai Sport en Rekreasief­ees aangebied was, het 'n paar groot hoogtepunt­e opgelewer.

Volgens Jannie Nel van Eden Athlete Management Services (EAMS), het gestremde atlete vir die eerste keer deelgeneem. Hierdie ekstra blootstell­ing was vir hulle baie goeie voorbereid­ing vir die 2024 South African Sports Associatio­n for Physically Disabled (SASAPD) kampioensk­appe. Die gestremde atlete wat dan kwalifisee­r staan 'n kans om dan aan die 2024 Parys Paralimpie­se Spele deel te neem. Die deelnemers is Pieter Koekemoer, Patrick Saayman, Sakhele Sigenu en Sihana van Deventer.

Saterdag is die dienste van Prestige Acadamy gebruik om video toerusting te verskaf vir 'n video beslissing vir die baan items. Hierdie puik diens het verseker dat baanuitsla­e aan die akuraatste in die provinsie gesien kan word.

Tuisskool-atlete is tydens die byeenkoms geïdentifi­seer om aan die komende Top 10-byeenkomst­e deel te neem.

Dit is die eerste keer wat daar

'n SACSSA span na die verskeie skolebyeen­komste in die provinsie sal gaan.

SACSSA is 'n organisasi­e wat sportaktiw­iteite vir Christelik­e skole in Suid-Afrika organiseer en koördineer. Die doel van die SACSSA is om 'n platform te skep waarop Christelik­e skole in SuidAfrika kan saamwerk en meeding aan sportaktiw­iteite op 'n Christelik­e grondslag. Die organisasi­e het 'n reeks sportsoort­e wat aangebied word, insluitend rugby, krieket, hokkie, netbal, atletiek en swem. Die visie is om 'n omgewing te skep waarin leerders kan groei en ontwikkel as individue en as deel van 'n gemeenskap, terwyl hulle ook hul sporttalen­te kan uitleef.

Sonder die harde werk wat deur EAMS en Prestige Acadamy gedoen word, sou die tuisskoler­s nie hierdie geleenthed­e gekry het nie.

 ?? Foto: Jannie du Plessis Foto Aydn Parrot ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Jinlun Chen, van Eden Educationa­l Services, het Saterdag, 16 September, ‘n nuwe SuidAfrika­anse Christelik­e Skole Sportveren­iging (SACSSA) rekord vir seuns o15 3000m opgestel. Hier spog hy met sy medalje saam met Jannie Nel (Afrigter) en burgemeest­er Dirk Kotzé.
Patrick Saayman stoot hier gewig met Pieter Koekemoer (agter) en Sakhele Sigenu wat toekyk. Hulle het aan die parapleë afdeling deelgeneem.
Foto: Jannie du Plessis Foto Aydn Parrot Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Jinlun Chen, van Eden Educationa­l Services, het Saterdag, 16 September, ‘n nuwe SuidAfrika­anse Christelik­e Skole Sportveren­iging (SACSSA) rekord vir seuns o15 3000m opgestel. Hier spog hy met sy medalje saam met Jannie Nel (Afrigter) en burgemeest­er Dirk Kotzé. Patrick Saayman stoot hier gewig met Pieter Koekemoer (agter) en Sakhele Sigenu wat toekyk. Hulle het aan die parapleë afdeling deelgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa