Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai gering geraak ná storms

- Jannie du Plessis

Die afgelope naweek se storms het skade op verskeie plekke aan die Tuinroete-kuslyn aangerig met veral infrastruk­tuur wat in die Mosselbaai­se munisipale omgewing deurgeloop het, maar vergeleke met ander plekke in die Wes-Kaap, het Mosselbaai lig daarvan afgekom. Erge winde en vloede het lewensverl­ies en miljoene rande se skade tot gevolg gehad terwyl verskeie dorpe vir lang ure van die buitewêrel­d afgesny was.

Plaaslik was daar egter enkele gevalle waar inwoners en besighede skade gely het.

Op Sondag, 24 September, om presies 14:23 het 'n sterk wind die dakplate van die Seavuna visverwerk­ings-aanleg in die hawe afgewaai. Die presiese oomblik wat die dak afgewaai het, is deur Stephanus Cloete op video vasgevang vanaf sy woonstel.

Vanaf die boot

Volgens Kobus Maritz, besturende direkteur van Seavuna, is die sorterings- en graderings-gebou, waar die vis aanvanklik vanaf die boot in die gebou inkom, se dakplate afgeruk. Die los plate en staalstruk­tuur het op hul beurt weer skade aan die hoofgebou aangerig. "'n Afdak vir parkering se skadunet is ook geskeur en die pypstruktu­ur is gebuig," vertel Maritz.

"Ons kon egter nog nie die koste bepaal nie. Weens die vakansieda­g (Maandag) het ons die dak beveilig en wag ons vir die versekeraa­rs en dan kontrakteu­rs om die skade te bepaal en met die herstelwer­k te begin."

Die Mosselbaai-munisipali­teit het in 'n verklaring gesê munisipale personeel is deur die bank aangewend om aandag aan probleem areas te skenk. Dit het personeel van verkeersdi­enste, wetstoepas­sers, brandweer, redding en rampbestuu­r, strate en stormwater, elektriese dienste, water en sanitasie, parke en ontspannin­g, afvalbestu­ur ingesluit terwyl die na-ure munisipale oproepsent­rum as 'n geheel op hoë waaksaamhe­id gebly en vinnig gereageer het op aangemelde voorvalle. Die meeste gerapporte­erde voorvalle was weens die skadelike winde.

Stormagtig­e rukwinde

Op 24 September het Mosselbaai Brandweer, Redding en Rampbestuu­rdienste (BRR) op 10 voorvalle gereageer as gevolg van skade wat deur die stormagtig­e rukwinde veroorsaak is. Dit sluit hoofsaakli­k skade aan dakplate, sonpanele, heinings en ontworteld­e bome of afgebreekt­e takke in.

Op 25 September het Mosselbaai se BRR op nege voorvalle gereageer as gevolg van skadelike winde van 'n soortgelyk­e aard as die vorige dag. Benewens skade aan private eiendomme, het munisipale infrastruk­tuur ook skade opgedoen. Dit sluit skade aan 'n versperrin­gsmuur by 'n pompstasie in 12de Laan, Mosselbaai, glasruite en dakplate wat by die Van Riebeeckst­adion losgeruk is en die raamwerke van motorafdak­ke by die

Gemeenskap­like Operasie-sentrum en by die Mosselbaai Gholflandg­oed, wat beskadig is.

Daar is ook verslae ontvang oor robbe en robwelpies wat op plaaslike strande uitgespoel het as gevolg van rowwe see toestande. Geringe oorstromin­gs het voorgekom ná die volgehoue reënval.

Dankbaar

"Ons is dankbaar dat Mosselbaai gespaar is van die ernstige skade wat in ander areas van die Wes-Kaap gesien is. Ons het die weerwaarsk­uwings noukeurig gevolg en was voorbereid. Ons harte gaan uit na diegene wat enige eiendom of ander skade as gevolg van die storm gely het. Ek wil elke lid van die munisipale administra­sie bedank wat verseker het dat ons gemeenskap se noodoproep­e gedurende die naweek aandag gekry het," het die munisipale bestuurder, Colin Puren, gesê.

'n Geskatte koste van die skade aan munisipale infrastruk­tuur is nog nie beskikbaar nie.

Na aanleiding van die vorige naweek se stormvloed wat Saterdag, 16 September, langs die kusgebiede van Mosselbaai ervaar is, sê die munisipali­teit dat 'n strukturel­e ingenieur aangestel is om die skade te bepaal en is hy opdrag gegee om 'n gedetaille­erde verslag voor te berei. Sodra die verslag afgehandel is met sy aanbevelin­gs, sal 'n kostebegro­ting saamgestel word.

Die Mosselbaai-munisipali­teit sal binne die wettige raamwerk herstelwer­k prioritise­er om gereed te wees vir die feesseisoe­n wat voorlê.

 ?? ?? Die skade by Seavuna visverwerk­ingsaanleg se dak nadat die dak van die sorterings- en graderings-gebou afgewaai het en bo-op die hoofgebou se dak beland het.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die skade by Seavuna visverwerk­ingsaanleg se dak nadat die dak van die sorterings- en graderings-gebou afgewaai het en bo-op die hoofgebou se dak beland het. Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
 ?? ?? Verskeie van die munisipali­teit se infrastruk­tuur is ook beskadig deur die wind soos dié lamppaal.
Verskeie van die munisipali­teit se infrastruk­tuur is ook beskadig deur die wind soos dié lamppaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa