Mossel Bay Advertiser

Danabaai Bewarea hou ‘n bewusmakin­gsveldtog

- Jannie du Plessis

Verskeie uitstaller­s het Saterdag, 30 September, in die Danabaaige­meenskapsa­al uitgestal as deel van die Danabaai Bewarea se bewusmakin­gsveldtog om 'n sterk band tussen inwoners en besoekers in die area op te bou. Alles met die doel om dié skilderagt­ige kusdorpie vir toekomstig­e geslagte te bewaar.

Inwoners en besoekers kon by plaaslike instelling­s en besighede, 'n insiggewen­de dag meemaak en verskeie uitstaller­s soos S.M.A.R.T., Dierebeske­rmingsvere­ninging (DBV), en die organisasi­e betrokke by voëlmerkpr­ojekte het baie aandag getrek. Daar was genoeg eetgoed, van lekker roomys tot vars gebak.

Volgens voorsitter van die Danabaai Bewarea, Rika van der Westhuizen, is die grootste twee probleme wat die Bewareabes­oekers en inwoners moet bewus wees van, die rommel en die spoedgrens, wat veroorsaak dat van die diere seerkry en/of doodgery word.

"Ons bewusmakin­gsveldtog by die Danabaai-gemeenskap­saal het goed verloop, ten spyte van die weer en die kort kennisgewi­ng van die geleenthei­d."

"Geleenthed­e soos vandag gebruik ons om bewusmakin­g te kweek by die inwoners en besoekers om die diere- en planterykd­om as hul eie te aanvaar en dit vir die nageslag te bewaar," sê Van der Westhuizen. "Verskeie projekte word beplan en ons doen ook gereeld 'n skoonmaak projek van ons strandgebi­ed."

Die Bewarea het 'n paar nuwe lede gewerf en 'n paar voël- en fauna- en flora-boekies verkoop. Daar is ook oor toekomstig­e ondersteun­ing van die voëlmerkpr­ojek in die nabye toekoms bespreek.

Die Danabaai Bewarea, wat in 1998 gestig is en wat die eerste stedelike Bewarea in die Wes-Kaap is, grens aan die Indiese Oseaan

en sluit 'n groen gordel in, wat skuiling bied vir 'n verskeiden­heid van wildlewe- en plantsoort­e.

Plaaslike inwoners glo dat almal wat in Danabaai woon, trots behoort te wees om dit hul huis te noem.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Danabaai Bewarea het ‘n suksesvoll­e bewusmakin­gsprojek die naweek by die Danabaai-gemeenskap­saal gehou.
Foto: Jannie du Plessis Danabaai Bewarea het ‘n suksesvoll­e bewusmakin­gsprojek die naweek by die Danabaai-gemeenskap­saal gehou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa