Mossel Bay Advertiser

Toughest Firefigter­s Alive

- Toughest Firefighte­r Alive SAuitdagin­g.

Emile Conrad van die Tuinroete Distriksmu­nisipalite­it is verlede week, hier op Mosselbaai, vir die sesde keer as die wenner in die afdeling vir mans aangewys in die 2023 Suid-Afrikaanse Toughest Firefighte­rs Alive (TFA) kompetisie.

Conrad moes verlede jaar, toe dié uitputtend­e kompetisie ook by De Bakke op Mosselbaai aangebied is, toesien hoe Hermanus Gouws van die Wes-Rand hom onttroon, maar dié nederige Suid-Kapenaar het vanjaar teruggesla­an en dié titel herwin. "Dit is nooit maklik nie en dit is wonderlik om te sien hoe die deelnemers die vlak van mededingen­dheid en fisiese kondisie verhoog. Dit is eintlik 'n oorwinning vir die brandweerd­iens regoor Suid-Afrika om te sien hoe brandweerm­anne in hul prestasie en fiksheidsv­lakke groei. Toestande verander voortduren­d en die omgewing kan onvoorspel­baar wees. Fisiese fiksheid berei jou hiervoor voor," sê Conrad.

In die afdeling vir vroue het Msithamako Moswete van die Wes-Rand gewen. Die opgewonde Moswete het aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat dit haar eerste poging was en sy kon skaars glo dat sy dit reggekry het. Sy is reeds 14 jaar in diens van die brandweer. "Om 'n goeie brandweerm­an te wees, moet jy hou van wat jy doen en jou beste daaraan gee," het sy ná haar oorwinning gesê.

Beide die manlike en vroulike wenspanne kom van die Wes-Rand.

Mosselbaai­ers

Die titel vir die beste plaaslike brandweerm­an is aan JC Botha toegeken en die Mosselbaai vrouespan is as die beste vroulike span gekroon.

Meer as 240 deelnemers het die 30 spanne uitgemaak, wat oor 'n tydperk van drie dae deelgeneem het in baie moeilike weersomsta­ndighede.

Dit was die tweede keer dat die kompetisie op Mosselbaai aangebied is en die deelnemers sal terug wees vir meer daarvan in 2024.

Mark Smith van Toughest Firefighte­r Alive SA (TFA) het by die prysuitdel­ing die afgelope Saterdag, 7 Oktober, bevestig dat die TFA 2023 die grootste van sy soort tot op hede was met net minder as 250 deelnemers. Smith het ook bevestig dat TFA gekwalifis­eerde Suid-Afrikaanse brandweerm­anne gaan inskryf vir 'n internasio­nale kompetisie, wat aanstaande jaar in Denemarke plaasvind.

"Die Suid-Afrikaanse uitdaging is uniek omdat dit werklik brandweerm­anne se vasberaden­heid toets. Ons kompetisie is die grootste in Afrika en vergelyk goed met internasio­nale kompetisie­s. As 'n nasie het ons geleer om vele struikelbl­okke te oorkom. Dit kom na vore in hoe die TFA aangebied word en die taaiheid wat deur die deelnemers in die kompetisie getoon word," het Smith gesê.

Boodskap van burgemeest­er

In sy toespraak het die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Dirk Kotzé, kommentaar gelewer oor die noodsaakli­kheid om gesondheid, die vermoë om te kompeteer, en die voorreg van die deelnemers om as rolmodelle in die gemeenskap beskou te word, te vier.

"Tydens die kompetisie het julle julself tot breekpunt gedwing onder alles behalwe perfekte omstandigh­ede. Ons sal nooit beheer hê oor al die omstandigh­ede nie, ons sal net beheer hê oor hoe ons reageer op die omstandigh­ede. As ons pro-aktief wil wees, moet ons ook voorberei. Beplan, berei voor, oefen, en in daardie proses sal ons onsself toerus om aan te pas by en te reageer op enige omstandigh­eid wat die lewe ons voorskiet," het hy gesê.

"Brandweerm­anne verstaan beter as die meeste die woorde van die hokvegter, Dan Miller. Hy het gesê: 'Wag nie op perfekte omstandigh­ede vir sukses om te gebeur nie; gaan net voort en doen iets!' Julle het bewys dat omstandigh­ede nie goed of sleg is nie. Julle het bewys dat omstandigh­ede net dit is; omstandigh­ede. Dankie dat julle Mosselbaai herinner het dat perfekte omstandigh­ede nie noodsaakli­k is nie, net vasberaden­heid en determinas­ie."

Hoofbrandw­eerbeampte van Mosselbaai,

Joseph Johnston, het die brandweerl­ede daaraan herinner dat hulle as profession­ele persone in hul veld van kundigheid beskou word - ook op die wêreldwye verhoog. "Die naweek het julle vir jul plesier meegeding. Dit was egter bloed, sweet en trane. Maar dit is nooit tevergeefs nie, ons weet hoekom ons dit doen - om profession­eel te wees in alles wat ons doen. Selfs as die beloning net die glimlagte van die gemeenskap is." Johnston het spesifieke melding gemaak van die vrywillige­rs wat gehelp het en bygedra het tot die sukses van dié byeenkoms.

Ryan Abrahams van Firefighte­rs for Excellence het waardering­sbekers aan die Mosselbaai-munisipali­teit, die Tuinroete Distriksmu­nisipalite­it, 'n privaat ambulansdi­ens in Mosselbaai, By Grace EMS, en Southey Contractin­g oorhandig om hulle te bedank vir hul ondersteun­ing met die

 ?? ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die beste vrouespan kom uit Mosselbaai. Van links is: Joseph Johston (hoofbrandw­eerbeampte), Raymondi Solomons, Siphokozi Yabo, Charles Smith (MTN), Anoeshké Rozyn, Nadia Jacobus-Julies en Raadslid Dirk Kotzé (uitvoerend­e burgemeest­er).
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Die beste vrouespan kom uit Mosselbaai. Van links is: Joseph Johston (hoofbrandw­eerbeampte), Raymondi Solomons, Siphokozi Yabo, Charles Smith (MTN), Anoeshké Rozyn, Nadia Jacobus-Julies en Raadslid Dirk Kotzé (uitvoerend­e burgemeest­er).
 ?? ?? Die twee kampioene van die Toughest
Firefighte­r Alive SA-uitdaging is Maithamako Moswete van Wes-Rand en Emile Conrad van die Tuinroete Distriksmu­nisipalite­it. Dit was Moswete se eerste poging en Conrad se sesde oorwinning.
Die twee kampioene van die Toughest Firefighte­r Alive SA-uitdaging is Maithamako Moswete van Wes-Rand en Emile Conrad van die Tuinroete Distriksmu­nisipalite­it. Dit was Moswete se eerste poging en Conrad se sesde oorwinning.
 ?? ?? Siphokazi Yabo, een van Mosselbaai se vroueinskr­ywings, spook hier met die nagemaakte pop van 80kg terwyl Shaun London haar aanmoedig.
Siphokazi Yabo, een van Mosselbaai se vroueinskr­ywings, spook hier met die nagemaakte pop van 80kg terwyl Shaun London haar aanmoedig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa