Mossel Bay Advertiser

Leierskap-stryd in ICOSA duur voort

- Louise Karsten

Kennisgewi­ngs is verlede week op Donson en sy seun bedien en hulle is tyd gegun tot 5 Oktober, om redes aan te voer waarom die skorsing nie bekragtig moet word nie.

Hoogdrama het die afgelope week geheers toe daar vanuit ICOSA-geledere (Independen­t Civic Organisati­on of South Africa) eers die president van dié politieke party, Jeffery Donson, saam met sy seun, Velancio Donson, geskors is. In 'n verdere ongewone stap is ook die verkose tussentyds­e leier en die Wes-Kaapse voorsitter van dié party, Dawid Kamfer van Mosselbaai, weer deur Donson "geskors".

Kennisgewi­ngs is verlede week op Donson en sy seun bedien en hulle is tyd gegun tot verlede Donderdag, 5 Oktober, om redes aan te voer waarom die skorsing nie bekragtig moet word nie.

Hulle het glad nie daarop reageer nie en is hangende 'n tugverhoor geskors as lede van dié party. Dit volg nadat ICOSAlede hul nasionale bestuur vir dringende ingryping in die Wes-Kaap en in die party gevra het. Die lede voer onder meer aan dat die party onder Donson se leiding geen groei toon nie.

Omstredenh­eid is egter nie ongewoon vir ICOSA nie. Dié party is ín 2006 deur die voormalige burgemeest­er van BeaufortWe­s Truman Prince in die lewe geroep ná hy deur die ANC uit dié party geskop is. Prince het in Junie 2007 kortstondi­g ná die ANC teruggekee­r ná 'n verbete hofstryd, maar hy is 'n maand later weer die deur gewys ná daar in 'n provinsial­e stemming bevind is hy voeg nie enige waarde tot die party nie.

Donson is in 2008, terwyl hy as burgemeest­er van die Kannaland distriksmu­nisipalite­it gedien het, skuldig bevind aan statutêre verkragtin­g en onsedelike aanranding van 'n 15-jarige kind terwyl hy in dié prominente pos gedien het. Op appèl is sy vonnis van vyf jaar gevangenis­straf opgeskort en hy is met R20 000 beboet.

Donson hou vol hy is steeds die president van ICOSA tot die nasionale kongres op 8 en 9 Desember plaasvind. Hy voer aan sy skorsing was proseduree­l verkeerd en het kort daarna vir Kamfer geskors. In 'n prokureurs­brief, wat aan die Donsons én die leierskap gestuur is, is dit egter duidelik dat hulle niks mag doen wat die party se naam verder in oneer kan bring nie omdat hulle tans geen bestaansre­g in die party het nie.

Kamfer hou op sy beurt vol hy is die tussentyds­e leier en het dit ook aan die Mossel Bay Advertiser bevestig. "Die boodskap is baie duidelik. Die mense het gepraat en die mense se boodskap is: ''Its time to clean our house', Dis tyd om skoon te maak. Die goed wat aan die gang is, staan soos 'n berg voor ons. Dit is moeilik.

"ICOSA toon geen groei op die oomblik nie. Ons het op munispale vlak gedaal van 16 verteenwoo­rdigers tot agt raadslede.

"Meneer Donson het net gefokus op 'n distrik soos Kannaland. Hy het nooit uitgereik na dorpe toe nie en daar was nooit ondersteun­ing in dorpe of stede nie.

Sy destydse skuldigbev­inding het soos 'n wolk oor ons gehang. Die hele tyd. Ons wou die party vernuwe en die mense het besluit dit is tyd vir 'n veranderin­g, Dit was nie my, Dawid Kamfer, se besluit nie."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa