Mossel Bay Advertiser

Nuwe hoof wil uitnemende samewerkin­g sien gebeur

-

Die Mosselbaai-munisipali­teit se reaksieeen­heid wat uit wetstoepas­sers asook die honde-eenheid bestaan, het onlangs hul eerste hoof gekry toe Marko Claassen in die posisie aangestel is. Claassen, het na sy nasionale diensplig by die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns aangesluit en was spesifiek vir etlike jare aan die openbare orde-eenheid (POPS) op Oudtshoorn en George verbonde. Hy het ook binne die SAPD, op nasionale front opleiding ter voorbereid­ing van die Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi van 2010 in hierdie spesialisv­eld gegee.

Claassen het jarelange ervaring in die menslike hulpbronve­ld, ook in diens van die SAPD waarvandaa­n hy in September vanjaar by die Mosselbaai­munisipali­teit kom aansluit het. Tydens sy jare by menslike hulpbronbe­stuur, het hy veral opleiding in vuurwapens, die wetgewing hierrondom, asook taktiese opleiding hanteer.

Dit is danksy sy ervaring in taktiese opleiding dat Claassen se pad tot in Mosselbaai geloop het. Toe die Mosselbaai­munisipali­teit in Junie 2022

die eerste in die Wes-Kaap geword het om ‘n reaksie-eenheid om te lei, het Claassen ‘n belangrike rol gespeel. Die reaksie-eenheid is by Bnei Akiva in Hartenbos deur SAPDperson­eel opgelei.

Vir Claassen is samewerkin­g tussen rolspelers getaak met publieke en gemeenskap­sveilighei­d van kardinale belang.

"Ek sal graag wil toesien dat die munisipale reaksieeen­heid is sy geheel noue samewerkin­g met die SAPD, asook munisipale en provinsial­e verkeersdi­enste moet hê. Hoewel die eenheid allermins die polisie en verkeersdi­enste se werk kan of mag doen, moet dit binne die wetlike raamwerk dien as ‘n verlenging en versterkin­g van veiligheid­sdienslewe­ring aan die gemeenskap. As die reaksie-eenheid in die publieke oog is, is dit my doelwit dat die gemeenskap altyd moet weet dat al is hulle daar om ‘n baie spesifieke werk te verrig, hulle dit altyd in die gemeenskap se belang doen.”

Claassen, die trotse oupa van twee kleindogte­rs, is getroud met Brandolene en die egpaar het twee seuns.

 ?? ?? Marko Claassen is die nuut aangesteld­e hoof van die Mosselbaai-munisipali­teit se reaksie-eenheid wat wetstoepas­sers, asook die honde-eenheid insluit.
Marko Claassen is die nuut aangesteld­e hoof van die Mosselbaai-munisipali­teit se reaksie-eenheid wat wetstoepas­sers, asook die honde-eenheid insluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa