Mossel Bay Advertiser

Aksievolle naweek op sportkalen­der

-

'n Fees van rugby, netbal en sokker aksie vind hierdie naweek by die D'Almeida-sportstadi­on plaas wanneer vanjaar se gewilde Burgemeest­erstoernoo­i gehou word. Die toernooi fokus veral daarop om aan sportspann­e in die landelike gebiede ‘n platform te bied om hulle slag te kom wys.

Wat vanjaar besonder opwindend is, is die insluiting van sokkerspan­ne, wat vir die eerste keer deel van die toernooi sal wees.

Die aksie skop vandag, Vrydag 13 Oktober, om 18:00 af wanneer Groot-Brakrivier se jonges wat by die Jeugkafee betrokke is, die naweek se program afskop met ‘n oop mikrofoon-sessie vir rymkletser­s, sangers, dansers en meer.

Die sport aksie begin môre, Saterdag 14 Oktober, om 10:00 wanneer minstens 10 spanne uit elke sportkode op die onderskeie baie in aksie gaan wees om te bepaal wie vanjaar se netbal-, rugby- en sokkerkamp­ioene gaan wees. Daar is ook twee ontwikkeli­ngspanne van Groot-Brakrivier, asook Barbarians­rugbyklubs, wat ook ‘n wedstryd sal speel. Nog ‘n nuutjie is ‘n span van Sonskynval­lei, wat vir die eerste keer in die toernooi te sien sal wees.

Die sokkertoer­nooi vind op 14 Oktober op die Uitbreidin­g 23-sportgrond­e plaas. Die toernooi, ook die sokker, word op 15 Oktober by die D’Almeidasta­dion beklink, nadat die uitspeelro­ndes voltooi is. Die aksie begin weer om 10:00.

Suidwestel­ike Distrikte Rugby en Netbal is ook teenwoordi­g om te verseker dat die uitspeelro­ndes volgens die korrekte prosedure verloop.

Toegang is gratis. Toeskouers kan uitsien na verskeie kos- en ander stalletjie­s, waar te ete en te drinke beskikbaar sal wees.

 ?? ?? Baie aksie gaan te sien wees by dié jaar se Burgemeest­erstoernoo­i.
Baie aksie gaan te sien wees by dié jaar se Burgemeest­erstoernoo­i.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa