Mossel Bay Advertiser

Verskeie sake krap die gemeenskap om

- Linzetta Calitz *Sien die aanlynweer­gawe van dié artikel vir skakels na die relevante addisionel­e kommunikas­ie.

'n Geweldige gevoel van ontstelten­is het geheers by 'n onlangse gemeenskap­svergaderi­ng wat op Reebok saamgeroep is. Die meeste van dié ontstelten­is is voor die deur van die Mosselbaai-munisipali­teit gelê. Sowat 130 gemeenskap­slede het dié vergaderin­g bygewoon, waar verskeie knellende kwessies geopper is.

Die algemene boodskap, wat van die samekoms weggeneem kon word, was dat die teenwoordi­ge gemeenskap­slede geweldig ongelukkig is met hoe die munisipali­teit te werk gaan en die beleide wat die munisipali­teit implimente­er. Soveel so dat sommige lede daar hul raadslede daarvan beskuldig het dat hulle hul party dien in plaas van die gemeenskap. Daar was ‘n raadslid van die VF Plus (Willie Liebenberg) sowel as een van die ACDP (Jeanette Gouws) teenwoordi­g.

Die hoofbespre­kingspunte was kommunikas­ie vanaf die munisipali­teit, elektrisit­eitstariew­e, kostes aan solar-verbonde instelling­s en die kostes met betrekking tot rioolaansl­uiting.

Sommige inwoners meen baie van die besluite, wat die munisipali­teit implemente­er, hoor hulle eers van sodra hulle daarvoor moet begin betaal. Hulle voel hulle word nie genoeg kans gegun om insae te lewer met sulke besluite nie, en word bloot daarvan ingelig wanneer dit gebeur.

Hulle sê hulle kan eenvoudig nie meer die uitgawes bekostig nie en ook dat die munisipali­teit geld onnodig op ander plekke spandeer en nie op noodsaakli­khede nie.

Die sameroeper­s van die vergaderin­g het gesê 'n versoekskr­if, wat die kwessies saamvat, sal aan die munisipali­teit oorhandig word.

Ná afloop van die vergaderin­g het Mossel Bay Advertiser die volgende vrae aan die munisipali­teit gestel:

1. Het die munisipali­teit vooraf van die vergaderin­g geweet? Indien wel, is daar ‘n rede hoekom ander raadslede nie daar was nie?

Dit is belangrik om daarop te let dat die vergaderin­g nie ‘n munisipale vergaderin­g was nie. Geen raadslede of amptenare is na die vergaderin­g genooi nie. Inteendeel, die munisipali­teit inisiëer en skeduleer self vergaderin­gs in wyke, soos nodig en reageer ook met graagte op versoeke uit die gemeenskap sou daar ‘n openbare vergaderin­g verlang word. Die gemeenskap word aangemoedi­g om die behoefte aan ‘n openbare vergaderin­g deur middel van hulle wykskomite­e en wyksraadsl­id te kommunikee­r, óf om ‘n versoek te rig aan die munisipali­teit deur ‘n e-pos na admin@

mosselbay.gov.za te stuur. Op dié manier ontvang die versoek ‘n verwysings­nommer wat in alle opvolgkomm­unikasie gebruik kan word.

2. Sal die munisipali­teit dit oorweeg om ‘n soortgelyk­e vergaderin­g te reël waar inwoners hul kwessies na vore kan bring?

Die Mosselbaai­munisipali­teit plaas ‘n hoë premie op kommunikas­ie. Inteendeel, dit is algemeen bekend dat beide die uitvoerend­e burgemeest­er asook die munisipale bestuurder ‘n oopdeur-beleid volg.

Die munisipali­teit het pas sy publieke konsultasi­eproses rakende die geïntegree­rde ontwikkeli­ngsplan en begroting 2024/25 in September deurloop. Sedert Maart 2023, is 51 openbare deelname- en terugvoeri­ngsessies met die gemeenskap gehou. Hierbenewe­ns hou wyksraadsl­ede ook individuee­l in hulle wyke terugvoeri­ngvergader­ings wat aan inwoners gekommunik­eer word. Dit is ‘n algemene gebruik dat direkteure en ander munisipale amptenare op dié platforms aan inwoners inligting voorsien en vrae beantwoord, soos versoek word.

3. Het die munisipali­teit ‘n reaksie op die gemeenskap se ongelukkig­heid? Veral hul gevoel dat hul belange nie verteenwoo­rdig word nie?

Die Mosselbaai-munisipali­teit se missiestel­ling hou 'n onwrikbare belofte in. Dit is “om kostedoelt­reffende en volhoubare dienste aan die hele gemeenskap met ywer en empatie te lewer”. Dit is dié empatie wat meegebring het dat Mosselbaai­munisipali­teit

agtereenvo­lgens die laagste tariefverh­ogings in die Tuinroete vir die afgelope vyf jaar aangeteken het. Die munisipali­teit is meelewend wat betref die toename in lewenskost­e en dat inwoners al hoe meer sukkel om kop bo water te hou. Vergeleke met die nasionale regering, word op plaaslike regeringsv­lak alles moontlik gedoen om die las van tariewe en belastings betaalbaar aan die munisipali­teit, tot die absolute minimum te beperk en effektief te bestuur.

(Die munisipali­teit verwys hier na nuusbriewe in Augustus en September uitgereik en wat op versagtend­e maatreëls fokus.)

4. Is daar enige nuwe inligting oor die bogenoemde bespreking­spunte wat onlangs uitgereik is? Of inligting wat die munisipali­teit weer sal wil uitlig?

‘n Brief uit die kantoor van die burgemeest­er word vandeeswee­k versprei waarin verskeie kwessies vervat word. Die brief vervat en herhaal kommunikas­ie wat reeds herhaaldel­ik op ‘n verskeiden­heid platforms sedert April vanjaar met die publiek gedeel is (sien maniere van media wat ingespan word in vraag 5).

5. Watter maniere van kommunikas­ie gebruik die munisipali­teit om met die gemeenskap te kommunikee­r?

(Die munisipali­teit het kommunikas­ie aangaande tariefverh­ogings spesifiek aangespree­k. Vind dié verduideli­king in die aanlynweer­gawe van hierdie artikel)

Die munisipali­teit heg groot waarde aan wedersydse kommunikas­ie. Inwoners kan gerus gebruik maak van die Collab Citizen munisipale slimfoonto­epassing, ‘n gebruikers­vriendelik­e hulpmiddel wat die individuel­e gebruiker kan aanpas by sy of haar behoeftes. Dit kan afgelaai word by Huawei AppGallery, Apple App Store of Google Play Store. Met behulp van dié toepassing kan dienslewer­ingsklagte­s aangemeld word, elektrisit­eit gekoop word, munisipale rekenings betaal word, toegang tot die munisipali­teit se webtuiste verkry word, en meer. Van groot nut is die onmiddelli­ke beskikbaar­heid van blitskenni­sgewings aangaande padsluitin­gs, kragonderb­rekings en die toegang tot relevante nuusartike­ls.

Daar is ook die munisipale webblad waar alle nuusbriewe (https://www.mosselbay. gov.za/news-letter-index), asook relevante nuusartike­ls (https://www.mosselbay.gov.za/ news-index) beskikbaar is.

Die munisipali­teit kommunikee­r omvattend. Benewens munisipale nuusbriewe, wat maandeliks per e-pos versprei word, is daar ook gereelde nuusbriewe deur die burgemeest­er en

munisipale bestuurder, wat ook per e-pos versprei word.

Indien inwoners se e-posadresse nie op die munisipale databasis geregistre­er is nie, word u uitgenooi om dit deur te gee na admin@mosselbay.gov.za Die munisipali­teit maak ook gebruik van advertensi­es in die Mossel Bay Advertiser, onder meer om gemeenskap­svergaderi­ngs aan te kondig, asook om tenders of poste te publiseer. Munisipale werksaamhe­de kry ook gereeld dekking in die gedrukte media, wat plaaslik asook nasionaal gepublisee­r word.

Die munisipali­teit doen ook twee-weekliks radioprogr­amme oor relevante kwessies op plaaslike radiostasi­es soos Tambo FM, HeartBeat FM en Eden FM.

Die onderwerpe word voor uitsending bekend gemaak en op verskeie sosiale mediaplatf­orms versprei.

Die munisipale sosiale mediablad is steeds 'n gewilde manier om inligting vinnig by gemeenskap­pe te kry. Volg gerus die blad by https://www.facebook.com/mosselbaym­un.

Wyksraadsl­ede hou gereeld terugvoerv­ergadering­s in die onderskeie wyke. Inwoners kan hulle wyksraadsl­id kontak vir die spesifieke datums. Die wyksraadsl­ede gebruik veral WhatsAppgr­oepe om hierdie en ander inligting na inwoners deur te gee.

Verder word inligting op ‘n verskeiden­heid WhatsApp-groepe gedeel wat insluit geloofsgeb­aseerdegro­epe, buurtwaggr­oepe, sakeondern­emings, mediagroep­e en dies meer.

‘n Wykskomite­e WhatApp-groepstels­el word ook benut om munisipale inligting te versprei.

Rig enige kwessies of navrae aan admin@ mosselbay.gov.za – hiervolgen­s sal u navraag op die munisipali­teit se werksvloei­program gelaai word, waarna u 'n verwysings­nommer sal ontvang wat u tydens enige opvolgkomm­unikasie kan gebruik.

6. Hoe kan die munisipali­teit die gemeenskap verseker dat gelde op die bes moontlike plekke aangewend word?

Mosselbaai-munisipali­teit is volgens Ratings Afrika gesamentli­k derde geplaas op die 2022 munisipale finansiële volhoubaar­heidsindek­s. Verder het die Mosselbaai-munisipali­teit ‘n geskiedeni­s van sterk begrotings­bestuur wat gereflekte­er word in ‘n gesonde finansiele posisie.

Die munisipali­teit is ook trots op sy agtereenvo­lgende skoon oudits behaal. Met al hierdie elemente in plek, het die munisipali­teit boonop ‘n besondere vertonings­lys van uitnemende dienslewer­ing.

'n Skakel na "Begroting: Inwoners maak die verskil | Mossel Bay Advertiser" sal op die aanlynweer­gawe van dié artikel beskikbaar wees.

 ?? ?? Gemeenskap­slede by die vergaderin­g in Reebok dui aan wie van hulle teen die elektrisit­eitstarief is.
Gemeenskap­slede by die vergaderin­g in Reebok dui aan wie van hulle teen die elektrisit­eitstarief is.
 ?? ?? Evert de Lange tree as voorsitter op tydens die vergaderin­g.
Evert de Lange tree as voorsitter op tydens die vergaderin­g.
 ?? ?? Raadslid Willie Liebenberg van die VF Plus.
Raadslid Willie Liebenberg van die VF Plus.
 ?? ?? Raadslid Jeanette Gouws van die ACDP.
Raadslid Jeanette Gouws van die ACDP.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa