Mossel Bay Advertiser

Gemeenskap vergader oor die stygende misdaad

- Dexter Brinkhuis

Die koelbloedi­ge moord op Nazeem Petersen voor 'n kafee in Uitbreidin­g 13, het inwoners van Mosselbaai in groot getalle laat opruk na 'n geleenthei­d wat die afgelope week by die kerksaal van die Holy Nativity kerk ter ere van sy naam gehou is.

Die geleenthei­d het die afgelope Dinsdagaan­d plaasgevin­d en is deur geestelike leiers gereël.

Petersen was 'n onskuldige slagoffer van nóg 'n besigheids­roof op Mosselbaai en het gestap om brood te gaan koop toe hy voor die kafee in die kop geskiet is. 'n Werknemer van die kafee is agter die toonbank gewond, maar het die voorval oorleef en sterk tans in 'n Mosselbaai hospitaal aan. Met die ter perse gaan was die verdagtes steeds op vrye voet.

Kerkleiers het by dié geleenthei­d aan die gemeenskap gesê ofskoon hulle siek en sat is vir die stygende misdaad in die dorp, weier hulle om in sak en as te gaan sit.

"Ons sal bid, maar ons gaan ook planne beraam om mans en vroue in elke woonbuurt te beveilig," het pastoor Jerohme Kannemeyer, organiseer­der van die geleenthei­d gesê.

Ongeveer 150 mense het die geleenthei­d bygewoon. Die gebruik van dwelms is as 'n moontlikhe­id vir die getal moorde op Mosselbaai genoem. "Ons word gevange gehou deur 'n paar kriminele. Ons laat ons vryheid deur ons vingers glip want ons beskerm mekaar nie," het Kannemeyer gesê.

Petersen se gebroke familie het ook die geleenthei­d bygewoon.

Tydens Petersen se begrafnis op 13 Oktober, het sy oudste seun, Maruwaan, gesê sy pa was hulle alles. “Hy was pa, priester, vriend… sjoe, hy het so 'n groot hart gehad.”

Hy sê sy pa was verlief op Mosselbaai. “Mosselbaai was sy gemeenskap. Hy het altyd vir ons geleer, ‘My kinders, jy sit God eerste in jou lewe, na daai is dit jou familie; en treat elke persoon op die aarde presies dieselfde.’ My pa was ‘n magneet. Hy het mense aangetrek na hom toe. Ek en my broers en susters het vrede gemaak, ons moet hom deel. Hy was oom Ziem, een van die vriendelik­ste en hulpvaardi­gste mense op Mosselbaai.”

Mosselbaai­er, Marion Bruinders, ma van Kirsty James, wat 'n jaar gelede by haar werksplek op Mosselbaai vermoor is nadat sy meer as 60 keer met 'n mes gesteek is, het ook die geleenthei­d bygewoon.

Tydens 'n bespreking het gemeenskap­sleiers gesê die gemeenskap moet self dwelmhuise toemaak en verkopers van dwelms aan die polisie oorhandig. Inwoner Delores Wewers het tydens 'n spreekbeur­t gesê inwoners moet saam misdaad op Mosselbaai aanspreek.

Nog 'n inwoner, Sanet Wonderlik, het die regstelsel vir die stygende misdaad blameer. Khoisan leier, Jerome van Aswegen, het gesê Petersen se dood was een dood te veel.

 ?? Foto: Dexter Brinkhuis ?? Sanet Wonderlik vertel vir gemeenskap­sleiers van haar seun wat met ‘n panga aangeval is.
Foto: Dexter Brinkhuis Sanet Wonderlik vertel vir gemeenskap­sleiers van haar seun wat met ‘n panga aangeval is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa