Mossel Bay Advertiser

Blom steeds op soek na permanente huis

- Jannie du Plessis

Na ‘n versoek op die Mossel Bay Advertiser se Facebook en webblad verlede week, vir ‘n nuwe huis vir Blom, het ‘n ouer dame van Vredendal gesê sy sal vir Blom aanneem.

Die vertoë is gerig aangesien Blom vele male moes blyplek kry vir haar en meeste van die tyd by die Dogbox Kennels and Cattery tuis moes gaan.

Die versoek het so ver as Vredendal gestrek toe dié vrou van Vredendal vir Michelle Smit kontak en sê sy sal beslis vir Blom aanneem. Die hond lyk soos haar vorige hondjie wat ‘n jaar gelede gevrek het. Smit en Anton Siebert was oorstelp van vreugde tot Dinsdag, 17 Oktober, toe die vrou laat weet het dat haar man haar afgeraai het om weer ‘n hond te kry.

Smit en Siebert is baie hartseer oor die verwikkeli­ng en baie teleurgest­eld dat die vrou hulle in die steek gelaat het.

Blom was in verskillen­de periodes by die

Dogbox Kennels and Cattery tuis, maar moes verlede Vrydag, 13 Oktober, uit na sy reeds die vorige week daar gespandeer het. Volgens Smit het die eienaar goedgunste­lik vir Blom nog ‘n week gratis verblyf gebied. Die aanbod verval môre, Saterdag, 21 Oktober, en sal hulle weldra ‘n plan moet maak. Volgens Smit, wat saam met Siebert hul nie winsgewend­e organisasi­e (NWO), Project Blessing, gestig het om diere in nood in die gemeenskap te help, is hulle baie lief vir Blom nadat hulle hul sowat twee jaar gelede oor die hond ontferm het. Hulself bly in ‘n kompleks waar geen honde toegelaat word nie.

Blom, ‘n wyfie, was baie getraumati­seer in die verlede en die paartjie het haar ingeneem om blyplek te soek.

Indien enigiemand die paartjie se passie vir diere wil ondersteun, of vir Blom ‘n goeie tuiste kan gee, kan hul gerus vir Michelle kontak (073 361 7074).

 ?? ?? Blom, die teefhondji­e, wat weer na ‘n permanente heenkome soek.
Blom, die teefhondji­e, wat weer na ‘n permanente heenkome soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa