Mossel Bay Advertiser

Pienk boeie nou op kaart te vind

- Jannie du Plessis

Die Nasionale Seeredding Instituut (NSRI) het meer as 1500 pienk reddingsbo­eie (PRB's) teen die Suid-Afrikaanse kus asook in die binneland en by ander verdrinkin­gsvoorkomi­ng-projekte.

Schalk van Bosch, 'n vrywillige­r met 10 jaar ondervindi­ng by stasie 15 van die NSRI op Mosselbaai asook die stasie se PRBinstand­houer en mede-spanmaat, Morné Lotter, besoek op 'n maandeliks­e basis elke boei in ons omgewing en maak seker als is in orde en reg vir wanneer die boeie gebruik moet word in geval van 'n noodgeval. Lotter is ook al twee jaar betrokke by die NSRI.

Die inisiatief om die PRB's te vertoon op 'n Google kaart het eendag in sy gedagtes opgekom toe hy vir Morné sê terwyl hulle van die boeie besoek; "Ons weet waar al die boeie is, maar weet die publiek en veral vakansiega­ngers waar hulle geplant is."

Van Bosch het toe begin werk om al die PRB's op 'n kaart aan te dui.

"Elke boei het 'n nommer soos byvoorbeel­d 15-01 en indien iemand bel om 'n noodgeval aan te meld, kan die NSRI met dié nommer presies bepaal wat die ligging is. Nie almal ken die name van al ons strande nie," vertel hy.

"Die konsep is dieselfde soos die blou borde langs die N2. Elke bord het 'n nommer en met daardie nommer kan nooddienst­e vasstel op watter deel van die N2 dit is."

Om die kaart te kry wat die PRB's aanwys in ons area vanaf Gouritsmon­d tot Glentana, het van Bosch 'n vinnige reaksie

kode (QR Code) ontwikkel en al wat lede van die publiek moet doen is om op die skakel (link) na die tuisblad te klik.

Klik dan op die boeie wat jy soek en kry die ligging vir jou foon om daarheen te navigeer. Die ligging van die spesifieke boei kan dan gedeel word.

Op elke boei se opwipkiesl­ys (pop-up) is NSRI se nood operasione­le sentrum se nommer asook Stasie 15 Mosselbaai se noodnommer.

Die kaart het reeds meer as 1662 besoeke ontvang. "My doelwit is om al die NSRI se PRB's op die kaart te vertoon," vertel Van Bosch. Hy sê daar is ook ongelukkig mense wat die boeie verwyder van die strande waar dit 'n lewe kon red.

Indien jy iemand sien wat 'n boei verwyder, skakel. (082 990 5954).

Hier is die skakel vir die digitale artikel: https://www.google.com/maps/d/u/0/edit?mid =1eipBWib7X­UAPKZeEcMB­wlUUwqkA Zn4g&usp=sharing

 ?? ?? NSRI stasie 15 se twee vrywillige­rs, Schalk van Bosch en Morné Lotter, hier by een van die pienk boeie wat se posisie nou op ‘n kaart opgespoor kan word.
NSRI stasie 15 se twee vrywillige­rs, Schalk van Bosch en Morné Lotter, hier by een van die pienk boeie wat se posisie nou op ‘n kaart opgespoor kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa