Mossel Bay Advertiser

Ernst Roets meen goeie tye lê voor

-

Ernst Roets, beleidshoo­f van die Solidarite­it Beweging, het Dinsdag, 17 Oktober, op uitnodigin­g van Afriforum Mosselbaai, met Mosselbaai­ers by die Diaz Hotel kom gesels oor die "Die goeie tye wat voorlê".

Burgemeest­er Dirk Kotzé, het die aand in sy spreekbeur­t gesels oor die Ikonies Mosselbaai bestemming­bemarkings­veldtog deur Mosselbaai Toerisme.

Kotzé het in sy toespraak genoem dat dit altyd 'n eer is om ikoniese figure in Mosselbaai te verwelkom. Jan-Jan Joubert, 'n politieke kommentato­r, is genooi om sy gedagtes oor plaaslike regering en die komende verkiesing­s by ons Burgemeest­ersakeontb­yt te deel. Dan is daar ook die voormalige Openbare Beskermer en spesiale adviseur van die VN se Sekretaris­generaal, prof Thuli Madonsela, wat saam met Roets geloop het langs die ikoniese St Blaize-roete in 'n poging om fondse in te samel vir jongmense met studentesk­uld.

So het Kotzé ook Roets verwelkom as een van die ikone van Afriforum. Kotzé het verder uitgebrei oor die feeste wat gehou word met die ondersteun­ing van die munisipali­teit. Hy het ook uitgebrei oor onder andere die Matriekbaa­i, passasiers­kepe, IRONMAN 70.3 Mosselbaai, Buffalo Rally, Mighty Men Mosselbaai, die 4x4 Buitelug Ekspo op Hartenbos en vele meer.

Roets het in sy gesprek oor die goeie tye wat voorlê, gesê dat daar 'n toekomssko­k gaan wees as gevolg van tegnologie­se veranderin­gs wat by die dag versnel.

"Die toekoms behoort aan optimiste wat geskiedeni­s maak en die wêreld verander. Dit moet nie blinde optimisme wees nie, maar geanker wees in behoorlike planne," sê hy.

Hy sê verder dat daar twee groepe mense in ons land is. Afhanklik van die staat en die wat onafhankli­k is omdat die staat misluk. "Die probleem met die wat afhanklik van die staat is, is dat hulle in die toekoms probleme ondervind want ons ekonomie groei nie. Ons strategie moet wees wat ons gaan doen. Nie wat jy nie gaan doen nie," sê Roets.

Hy sê verder dat ons voordeel is dat ons gemeenskap baie sterk is. "Ons grootste bedreiging in ons land is die staat se verval maar ons moet dit aangryp en eienaarska­p neem," sê Roets.

"Ons moet nooit stagneer en passief raak nie. Suid-Afrika is voor met oplossings, wat die wêreld nog gaan tref."

 ?? ?? Louis Cook, burgemeest­er Dirk Kotzé en Ernst Roets.
Louis Cook, burgemeest­er Dirk Kotzé en Ernst Roets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa