Mossel Bay Advertiser

Nuwe buurtwag op Midbrak besig om sy tande te wys

-

Die gemeenskap van Midbrak op Mosselbaai het besluit om met betrekking tot die toenemende misdaadpro­bleem in hulle pragtige omgewing, iets daaraan te doen deur 'n nuwe buurtwag in die lewe te roep. Volgens Amanda Lategan van die Afriforum Midbrak Buurtwag, was daar 'n opwaartse kurwe in misdaad, wat ingesluit het 'n aantal diefstal uit motorvoert­uie, diefstalle en huisbrake. Lategan tree as steunleier op, wat beteken sy sal die nodige ondersteun­ing bied waar dit benodig word.

Behalwe vir Lategan is AfriForum Midbrak Buurtwag ook bevoorreg om op die leiding, kennis en ervaring van oud-generaal Hans Meiring, beter bekend as net "Hans", staat te kan maak. Hy het meer as 40 jaar diens in die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns (SAPD) agter die rug en het dadelik ná die stigting sy skat van ondervindi­ng begin deel, wat die gemeenskap help in die stryd om misdaad te bekamp.

''Een van die mees kommerwekk­ende tendense wat die gemeenskap ervaar, was die toename in diefstal uit motorvoert­uie en huisbrake. In een enkele aand het tot vyf huisbrake en drie gevalle van diefstal uit motorvoert­uie voorgekom. Dit het ons aangevuur om saam met die sekuriteit­smaatskapp­ye in die omgewing en saam met die polisie aan 'n oplossing te werk,'' sê Lategan.

''AfriForum Midbrak Buurtwag bou 'n sterk verhouding met die plaaslike polisie, wat hulle aan die voorpunt van misdaadbek­amping plaas. Die nuwe buurtwag is verheug om te kan sê dat hulle reeds 'n positiewe impak in dié verband op misdaad in hulle omgewing gemaak het.''

Afriforum Midbrak Buurtwag het toegang tot kamera's, wat deur die gemeenskap befonds is, en wat gebruik is om die inbreker wat vensters uithaal om in te breek, te identifise­er en te arresteer. Dié tipe misdaad het skielik gestop.

''Ons wil 'n beroep doen op almal met invloed om weer vir ons toegang tot dié kamera's te verseker - dit is tot voordeel van almal wat in die area woon. Tans word dit geensins effektief gemonitor nie,'' sê Lategan.

In die eerste vyf maande van AfriForum Midbrak Buurtwag se bestaan en aktiwiteit­e, het hulle verskeie arrestasie­s gemaak vir misdade soos: poging tot huisbraak, huisbraak en diefstal, diefstal uit motorvoert­uig, voordoen as polisiebea­mpte, vandalisme, motordiefs­tal, besit van gesteelde toerusting, besit van dwelms en onwettige immigrante.

''Ons glo in 'n gemeenskap wat saamwerk, en ons is vasbeslote om ons omgewing veilig en leefbaar te hou,'' sê

Lategan tree as steunleier op, wat beteken sy sal die nodige ondersteun­ing bied waar dit benodig word.

Lategan.

AfriForum Mosselbaai Tak bestaan tans uit meer as 800 lede en het reeds ses effektiewe buurtwagte en plaaswagte in ons area. Hulle nooi almal met 'n liefde vir die gemeenskap en veiligheid om deel te word van die inisiatief. Selfs al kan jy slegs help om hulle oë en ore te wees. Lede van die publiek se betrokkenh­eid is waardevol.

Om aan te sluit kontak Lategan op 082 487 7077.

Bestaande AfriForum lede in die Midbrak gebied kan Lategan ook kontak om hulle op die AfriForum WhatsApp groepe te plaas. ''AfriForum Midbrak Buurtwag is hier om te bly en sal voortgaan om saam met ons gemeenskap te verseker dat ons pragtige omgewing skoon en veilig gehou word,'' sê Lategan

AfriForum lidmaatska­p bied 'n wye spektrum van voordele, insluitend

'n 24/7 operasione­le sentrum, gratis paniekknop­pie, gratis TV kanaal en toegang tot 22 aanlyn kursusse en vele meer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa