Mossel Bay Advertiser

Ontmoet skrywers en skilders by Droombos

-

Tientalle skilders, skrywers en digters is Saterdag, 28 Oktober deel van die Droombos Kuns-Inni-Bos net buite Tergniet tussen Groot- en Klein-Brakrivier.

Bekende skrywers soos Sidney Gilroy, Chanette Paul, Bets Smith en Jan van Tonder en digters soos Lluyle Arendse gaan hulle boeke onder die bome en langs die stroompies in dié rustige lowergroen boomtuin te koop aanbied en met lesers ontmoet en gesels.

Die skrywers word vergesel deur skilders en ander beeldkunst­enaars soos Sandra Labuschagn­e, Jordan Art, Werner Grebe, Nico Claassen en Louis de Klerk om maar net ’n paar te noem. Kunstenaar­s soos Petronel Baard en Marius Erlank sal sorg vir mooi musiek.

Michelle Wasserman, 'n spraak-taalterape­ut, stel ook boeke-reeks Lekker lees met Lisa en Ben bekend en sal beskikbaar wees om veral met ouers te gesels hoe dié reeks hulle kinders kan help.

Volgens Leone du Buisson, mede-eienaar van Droombos, word die publiek uitgenooi om die kunsuitsta­llings in die tuine te besoek waar werke van verskeie kunstenaar­s uitgestal en te koop aangebied sal word. Hulle kan ook die kunstenaar­s ontmoet en met hulle gesels.

“Kom beleef ’n dag gevul met kuns, kos, musiek en goeie vriende by ons besonderse bestemming. Droombos skep ’n samesyn en daar sal iets op die kole en goeie wyn en heerlike kaas by ons wyn- en kaasproe wees.”

Kuns-Inni-Bos vind plaas van 10:00 tot 15:00.

Toegang is gratis en jy kan ook ’n draai maak by Droombos se plaasmark met vars groente, gebak en ander produkte wat elke Saterdag van 08:00 bedryf word.

Belangstel­lendes kan Leone kontak vir meer inligting (082 333 6479).

Die geleenthei­d vind plaas by Droombos, op die hoek van R102 en Sorgfontei­npad, Tergniet, tussen Klein- en Groot-Brakrivier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa