Mossel Bay Advertiser

15 Jaar van

-

Light-City, in die hartjie van die Voorbaai, verteenwoo­rdig 15 jaar van puik diens, harde werk, en bowenal, lojale ondersteun­ing vanuit die gemeenskap.

Met jare se ondervindi­ng in beligting, elektriese en sonkrag komponente, het Light-City sedert sy ontstaan in 2008 gegroei om die plaaslike leier in dié bedryf te word - nie net in die kleinhande­l nie, maar ook in kommersiël­e markte.

Dit, glo die bestuur, is weens hul direkte betrokkenh­eid by die dag-tot-dag bedrywighe­de van die besigheid, asook hul personeel se toewyding tot eersteklas-diens.

Eienaars Johan en Erna Claasen wil hul goeie en lojale kliënte opreg bedank.

“Want sonder hulle sou ons niks gewees het nie. As hulle ons nie ondersteun het nie, was ons niks. En dan aan ons personeel, regtigwaar, hulle is tops. Hierdie alles is baie te danke aan hulle. Ons kry baie goeie terugvoeri­ng.

Johan en Erna se name is al sinoniem met Light-City. Hul kinders, Corni Fourie en Basson le Roux, volg in hul voetstappe en help om die besigheid van krag tot krag te ontwikkel.

As jy by die winkel ingaan sal jy vir Basson by die elektriese en sonkrag afdeling kry en vir Corni by beligting.

As gesin glo hulle daar lê onskatbare waarde in tweedegene­rasie bestuur.

Dubbele viering

Light-City se 15 jaar het hulle sommer dubbeld gevier. In Maart was daar ‘n Birthday Bash eksklusief vir hul verskaffer­s en kliënte. Met ongeveer 150 mense wat die viering bygewoon het, was dit ‘n reuse sukses.

Die publiek het natuurlik ook hul beurt gekry om deel te neem aan die joligheid by Light-City se opedag in September. Hier kon besoekers die nuutste produkte in die mark by die verskaffer self sien. Beter eerstehand­se kennis sou jy nêrens anders as by dié 16 verskaffer­s kry nie. Die opedag gaan ‘n jaarlikse instelling word.

 ?? ?? Kliënte gesels met een van die uitstaller­s tydens Light City se opedag.
Kliënte gesels met een van die uitstaller­s tydens Light City se opedag.
 ?? ?? Corni Fourie, Johan en Erna Claasen en Basson le Roux.
Corni Fourie, Johan en Erna Claasen en Basson le Roux.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa