Mossel Bay Advertiser

Buffalo Rally 2023

-

Die Nomads Motorfiets­klub van Kaapstad bied die naweek van 27 tot 29 Oktober die Buffalo Rally by die ATKVoord op Hartenbos aan.

Dit sal vanjaar die 16de geleenthei­d van sy soort op Mosselbaai wees. Die Buffalo Rally is uiters gewild onder motorfiets­ryers.

Die voorsitter van die Nomads Motorfiets­klub, Luderick Jacoby, sê so ‘n grootse geleenthei­d waar duisende motorfiets­ryers na die dorp kom, bied sy eie uitdagings.

“Terwyl ons ons uiterste bes doen om enige ongerief uit te skakel of tot die minimum te beperk, doen ons ‘n beroep op die gemeenskap om ons motorfiets­ryers asseblief vir die naweek te verdra,” sê Jacoby. Jacoby sê hulle is bewus daarvan dat een van die grootste ongeriefli­khede die onnodige geryery van motorfiets­e laat in die nag en selfs dalk tot in die vroeë oggendure is.

“Ons wil u verseker dat ons ons bes doen om dit te probeer beheer, maar met ‘n geleenthei­d so groot en met die beperkte kampterrei­n, is dit byna ‘n onmoontlik­e taak om dit heeltemal te keer.”

Jacoby sê soos in die verlede, hoop hulle dat die inwoners van Mosselbaai die naweek net soveel sal geniet soos die talle motorfiets­ryers, wat die dorp besoek. “Die publiek is welkom om op Saterdag, 28 Oktober, vanaf 11:00 by die Hartenbos Seefront Sentrum in te loer om van die unieke motorfiets­e te besigtig.

Die motorfiets­optog sal op Saterdag, 28 Oktober, om 11:00 van Georgeweg, net na die ingang na Santos/De Bakke-Oord vertrek en ‘n sirkelroet­e via Die Punt, die R102, Louis Fourieweg, regs in die N2, en terug na die ATKV-oord, deur die 397 Oudtshoorn/ Hartenbos afrit te neem.

Dit sal vanjaar die 16de geleenthei­d van sy soort op Mosselbaai wees.

 ?? ??
 ?? Foto’s: Grey Stopforth ?? Spogfietse by verlede jaar se rally.
Foto’s: Grey Stopforth Spogfietse by verlede jaar se rally.
 ?? ?? Verskeie motorfiets­e word by die rally mee gespog.
Verskeie motorfiets­e word by die rally mee gespog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa