Mossel Bay Advertiser

Arende kry kans om vere reg te skud

-

Die rugbyspan van die Suidwestel­ike Distrikte (SWD), kry vanaand op Outeniqua Park die laaste geleenthei­d om in 'n voorseisoe­nse wedstryd betrokke te raak wanneer die Phangela Arende teen Jimmy Stonehouse se Air Link Pumas van Mpumalanga te staan kom. Die Pumas het twee seisoene gelede die gesogte Currie Beker verower en in die laaste weergawe van dié toernooi vroëer vanjaar as naaswenner uit die stryd getree toe die Vrystaat met 25-17 die Pumas in die eindstryd in Bloemfonte­in geklop het.

Die Arende se breier, Anton Moolman, sê vir hom is dit belangrik om sy spelers teen hoë kwaliteit opposisie te toets voor die seisoen amptelik oor 'n paar weke afskop. "My groep se kontrakte skop eers die 1ste November in werking, maar dit is belangrik dat ons in die opbou-fase soveel as moontlik getoets word. Met die nuwe SA Beker-kompetisie wat eersdaags begin, is dit belangrik omdat ons teen spanne soos die Pumas, Vrystaat, Griekwalan­d-Wes en die Noord-Vrystaatse Griffons op die dieselfde vlak sal moet meeding," het hy gesê.

Moolman se groep spelers vir die nuwe kompetisie is basies gefinalise­er. "Daar is nog hier en daar waar ek na van die spelers moet kyk en finale besluite moet neem, maar ek voel ons het 'n goeie groep spelers bymekaar kon trek en ek sien uit na die seisoen," het hy gesê.

Onderstree­p

Waar die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) 'n perk van 35 gekontrakt­eerde spelers vir spanne soos die Arende daarstel, sê Moolman hy het besluit om 32 spelers te kontraktee­r. "Dit sal my die vryheid gee om ook met klubspeler­s, wat nog nie in die senior stelsel is nie, te onderhande­l vir sekere wedstryde en om ook van hulle in te bring. Daar is goeie talent wat in die klubstelse­l is en ons moet van hulle gebruik maak on talent verder te ontwikkel," het hy gesê.

Moolman se stelling word duidelik onderstree­p met die Arende se klubkampio­en, Crusaders, wat in die pas afgelope nasionale uitklop-klubkompet­isie tot in die halfeindst­ryd gevorder het waar hulle op die ou einde teen die Naka Bulle die knie moes buig. 32 Spanne het aan dié kompetisie deelgeneem en om tot die laaste vier te kon vorder, was geen geringe prestasie nie.

Heidelberg was die SWD se ander verteenwoo­rdiger in dié kompetisie, maar is ná die eerste ronde reeds uitgeskake­l toe hulle teen Valsbaai verloor het.

In 'n voorwedstr­yd vir die Arende en die Pumas, gaan 'n Klub Uitnodigin­gspan ook teen 'n Pumas XV-tal te staan kom. "Omdat die voorste vier spanne in die klubkompet­isie hulself gereed moet kry vir die halfeindst­ryde aanstaande week, is spelers van die spanne nie oorweeg nie en die span teen die Pumas XV-tal sal saamgestel word uit spelers van spanne wat nie die halfeindro­nde gehaal het nie. Dit sal ook interessan­t wees om te sien hoe daar teen die besoekers opgeweeg sal word," het Moolman gesê.

‘Daar is goeie talent wat in die klubstelse­l is en ons moet van hulle gebruik maak on talent verder te ontwikkel.’

Raakgevat

Moolman kon ook nie uitgepraat raak oor die Springbokk­e se skitterend­e oorwinning die afgelope Sondagaand toe hulle in 'n aksie-belaaide kwarteinds­tryd van vanjaar se Wêreldbeke­r-toernooi met die gasheer, Frankryk, in Parys met 29-28 klaargespe­el het.

Voor Moolman die pos as hooafrigte­r by die Arende aanvaar het, het hy ook vir bykans 3 jaar in Frankryk afgerig.

"Ek kan nie dink dat ek al 'n meer spanningsv­olle eerste helfte van 'n wedstryd op dié vlak gesien het nie.

Dit was absoluut waansinnin­g soos die pendulum die heeltyd geswaai het en uit 'n

afrigters-oogpunt kan ek net my hoed lig vir Rassie Erasmus en Jacques Nienaber se voorbereid­ing vir dié wedstryd.

Hulle het absoluut raakgevat. Baie mense sal nie verstaan waarom sekere dinge op die veld uitgevoer is nie, maar dié twee het hul huiswerk gedoen en dit was duidelik weerspieël met sekere van die besluite, wat op die veld gedoen is.

Dit was epies en ek het baie vertroue dat die Bokke hul titel suksesvol kan verdedig," het hy gesê.

Vandag se aksie op Outeniqua Park begin om 15:30 met die voorwedstr­yd terwyl die Arende en die Pumas mekaar om 18:00 die stryd aansê.

 ?? ?? Die Arende se breier, Anton Moolman, sê vir hom is dit belangrik om sy spelers teen hoë kwaliteit opposisie te toets voor die seisoen amptelik oor ‘n paar weke afskop.
Die Arende se breier, Anton Moolman, sê vir hom is dit belangrik om sy spelers teen hoë kwaliteit opposisie te toets voor die seisoen amptelik oor ‘n paar weke afskop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa