Mossel Bay Advertiser

Spanne is hard aan die werk met groot opruiming

-

Skoonmaaks­panne van die Mosselbaai­munisipali­teit was op Maandag, 23 Oktober, reeds druk besig op Klein-Brakrivier se strand met op opruimings­werk nadat die rivier in vloed was die afgelope naweek en groot hoeveelhed­e opdrifsels op die stand agtergelaa­t is. Die spanne, wat deel vorm van die uitgebreid­e openbare werke program, is onder meer inwoners van Powertown.

Groot hoeveelhed­e opgedamde water is op Maandag, 23 Oktober, uit die informele woongebied na die rivier gedreineer. Ten spyte van die ontwrigtin­g by hul wonings, het werkers voltallig opgedaag vir werk en behoorlik ingeklim onder die opdrifsels.

Spanne

Die Mosselbaai-munisipali­teit maak gebruik van verskeie skoonmaaks­panne as deel van die uitgebreid­e openbare werke program. Spanne word gewerf uit die woongebied­e van spesifieke fokusareas. Daar is drie spanne werksaam wat die gebiede van die Punt, Mosselbaai tot by Glentana dek. Die spanne word uit plaaslike gemeenskap­pe gekies en deur die departemen­t van bosbou, visserye en omgewing aangestel. Gebiede waaruit die spanne werk, is soos volg: Streek 1 (Mosselbaai – KwaNonqaba, Asla Park, D’Almeida), Streek 2 (Klein-Brakrivier – Powertown), Streek 3 (Groot-Brakrivier – Greenhaven).

Vir die twee weke ná die stormseeto­estande op 16 September, is daar van 18 September tot 2 Oktober sowat 1400 vullissakk­e met rommel bymekaar- en weggemaak. Van 16 September tot 15 Oktober het die spanne ook 230 mariene karkasse verwyder. ‘n Groot hoeveelhei­d hiervan was robbe en ofskoon die Staatsveea­rts monsters geneem het, blyk dit dat dit bloot die stormsee-toestande en sterk getye was, wat dié sterftes veroorsaak het.

Lede van die publiek, wat van klein vaartuie gebruik maak vir ontspannin­g, word gemaan om bedag te wees vir obstruksie­s wat in riviere soos die KleinBrakr­ivier mag voorkom. Ná die afgelope naweek se vloede, is onder meer groot takke en boomstompe meegesleur wat onder die wateropper­vlak mag wees en navigasie kan bemoeilik. Die munisipali­teit se skoonmaakw­erk duur egter voort.

Strandtoeg­ang

Lede van die publiek word ook daaraan herinner dat publieke toegang tot sommige gedeeltes van strande steeds afgesper is ná die stormskade in September. Die Mosselbaai-munisipali­teit het ‘n strukturel­e ingenieur aangestel om ‘n omvattende verslag saam te stel waarna die herstelpro­ses in aanvang sal neem. Terugvoeri­ng is in ‘n gevorderde stadium en verskeie konsultant­e sal betrokke wees met die herstelwer­k.

Geen kritiese munispale infrastruk­tuur is gedurende die stormsee-toestande van 16 September beskadig nie. Houttrappe wat as strandtoeg­angsroetes dien en wandelpaai­e, wat naby die kus geleë is, word hierdeur geraak. Lede van die publiek word versoek om vir hulle eie veiligheid, nie afgesperde toegangsro­etes te gebruik nie en ook om nie nuwe roetes te skep, wat tot skade aan die kusomgewin­g kan lei nie. Herstelwer­k sal op ‘n prioriteit­sbasis gedoen word met die oog op die naderende vakansiese­isoen.

 ?? ?? Die Mosselbaai-munisipali­teit maak gebruik van drie spanne wat spesifiek fokus op die skoonmaak van oop ruimtes en strande.
Die Mosselbaai-munisipali­teit maak gebruik van drie spanne wat spesifiek fokus op die skoonmaak van oop ruimtes en strande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa